Diode-logika ekwivalente stroombaan van die EN-hek (DL) Die stroombaan hieronder verteenwoordig die diode-ekwivalent van die DL EN-hek. Anders as die skakelstroombaan van die EN-hek hierbo, word diskrete komponente gebruik om die EN-hek te bou.
In die stroombane hieronder is 0 V = logika 0 en 5 V = logika 1.
Kom ons beskou die vier moontlike insette en kyk wat die uitset sal wees met verwysing na die waarheidstabel hieronder. Dit is taamlik maklik om die uitset Z te bereken as die insette en toevoerspanning bekend is. As enigeen van die insette A of B op enige stadium 0 V is, sal daardie bepaalde diode gelei, wat ’n val in die spanning oor die weerstand en die uitset Z van 0 V veroorsaak. Dit geld vir Figuur 9.5 (a-c). Te uitset Z sal 5 V wees slegs wanneer beide die insette A en B op 5V is. Dit beteken dat die twee diodes nie-geleidend sal wees, met die gevolg dat daar geen val in spanning oor die weerstand is nie, wat punt Z op 5 V laat. Dit geld vir Figuur 9.5 (d).
9
Figuur 9.5 (a)
Figuur 9.5 (b)
Figuur 9.5 (c)
Figuur 9.5 (d) Figuur 9.5: Moontlike insetkondisies vir DL EN-hek