Onthou dat as jy ’n spanningsverdeler met twee eenderse weerstande kies, die ingangspanning gelykop tussen die twee weerstande verdeel sal word.
3
R1 Vin = 12 V
V1 = 6 V
R2
V2 = 6 V
As R1 dubbel die waarde van R2 is, dan sal die spanningsval oor R1 ook dubbel die spanningsval oor R2 wees, d.w.s. V1 = 8 V en V2 = 4 V. Onthou altyd dat hoe hoër die weerstand, hoe hoër die spanningsval oor die weerstand.
R1 Vin = 12 V
V1 = 8 V
R2
V2 = 4 V
’n Stroombaan wat minder as 12 V vereis, kan oor die laer weerstand verbind word mits dit ’n baie laer stroom vereis as die stroom deur die twee weerstande.