Voorbeeld: ’n Spanning van 60 kV word oor ’n weerstand van 12 MΩ gemeet. Watter stroom vloei daar?
Stap 1: Teken die stroombaan en skryf al die inligting in. I = ?
3
R = 12MΩ
V = 60kV
Stap 2: Teken die ‘towerdriehoek’. Wat is dit wat jy wil weet? I. Sit dus jou duim op I.
Stap 3: Doen die berekening.
I = V R
= 60 000 12 000 000
= 0,005 A of 5 mA of 5 × 10ˉ³ A
Weerstand in ’n seriestroombaan (weerstande agter mekaar verbind) Die belangrike punt om te onthou is dat weerstande in serie bymekaar getel word.
As ons meer as een van dieselfde komponente in ’n stroombaan het, identifiseer ons hulle met ’n onderskrif. As daar byvoorbeeld drie weerstande met verskillende waardes in ’n seriebaan gebruik word, het ons meer as net ’n R nodig om hulle te onderskei. Om hierin te voorsien, gebruik ons ’n stelsel van onderskriſte.
van ’n seriestroombaan waarin daar twee of meer individuele weerstande gebruik word, aan te dui. Die totale weerstand van ’n seriestroombaan is die som van die individuele weerstande in die stroombaan.
’n Klein onderskrifletter ‘t’ word dikwels gebruik om die totale weerstand (Rt Rt = R1 + R2 + R3