This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS


Art Chantry maak reeds plakkate sedert hy vyſtien was. Onder sy invloed tel talle vorms van “outsider”-kuns soos monstertydskriſte, “hot-rod”-kuns en psigedeliese kultuur. Hy het baie inspirasie vir innoverende grafiese idees uit ’n artikel oor Poolse plakkate geput.


Chantry se gevoel vir ontwerp het betrekking op die punk-toneel in Seattle, aangesien hy saam met die avant- garde by die skep van plakkate vir plaaslike rockkonserte betrokke is. Chantry is ’n voorstaander van wat hy as die “subkultuur” van ontwerp beskou, ’n verwaarloosde kommersiële gebruik van die industriële bedryf wat in die gereedskapkatalogusse van die 1940’s en 1950’s gesien is.


Chantry is in Seattle gebore en het in Tacoma grootgeword, en het wat hy beskryf as ’n baie sterk gevoel van hoe dit voel om in ’n enkelouergesin arm te wees, ontvang. Chantry was in Bellingham, Washington op kollege. Hy het ’n graad in skilderwerk behaal, maar hom na die grafiese werk gewend wat hom deur sy skooljare aan die lewe gehou het. Op ’n eienaardige manier het Chantry se vermoë om die uit-die-mode, die doelbewuste buite-die-hoofstroom internasionale styl te soek en van vooraf uit te vind daartoe gelei dat hy vir talle uitstalling- en ontwerptydskriſte gekies is. Selfs met die erkenning van sy portuurgroep verkies hy om ’n buitestaander te bly, en bedank dikwels werk vir kommersiële korporatiewe kliënte ten gunste van opdragte wat hom toelaat om aan die rand te bly. Aangesien hy nou die kunsdirekteur van ’n alternatiewe Seattle- koerant is, het hy die voordele van ekonomiese stabiliteit en die weelde om te werk slegs aan projekte waarin hy belangstel.


Aktiwiteit 17 Potensiële kliënt se opdrag


Gebruik die inligting en vaardighede wat jy in Module 1 geleer het en kombineer dit met wat jy in Module 2 geleer het om die volgende groepopdrag suksesvol te voltooi. Die reklame-agentskap: Julle werk vir ’n reklame-agentskap. Kies ’n naam vir die agentskap en skep julle eie logo vir die maatskappy.


Julle potensiële kliënt se opdrag is: Die maatskappy vervaardig badproppe. Neem ’n gewone swart badprop en skep ’n nuwe manier om dit te bemark. Ontwerp die volgende aspekte van hierdie veldtog:


1. Bepaal die unieke boodskap wat oorgedra moet word. 2. Bepaal die teikenmark wat by die unieke bemarkingskonsep sal baat. (Gebruik ’n verbruikersprofiel.) 3. Kies ’n naam en logo/handelsmerk. 4. Neem die volgende in ag: produk, prys (begroting), plek en promosie 5. Ontwerp ’n promosie-artikel met die logo as die hoofenmerk. 6. Voorbeelde van die logo, reklamemateriaal en die navorsing, rowwe idees en sketse moet getoon word. (Gebruik die kreatiewe tegnieke wat vroeër in Module 2 bespreek is.)


Aktiwiteit 19 Materiale: Bronboek/werkboek/vel papier/rekenaar met sagtewarepakkette.


Oefening: Die leerders moet ’n logo en korporatiewe identiteit ontwerp. Hulle moet ’n nuwe naam, logo en slagspreuk skep. Motiveer hulle om eers die eienskappe van hulle teikenmark te identifiseer, asook hulle voor- en afeure, en om soveel inligting as moontlik oor hulle potensiële verbruikers te versamel. Alle rofwerk, saam met sketse en ander moontlike konsepte, moet in die ontwerpwerkboek gedokumenteer word. ’n Finale prototipe van kunswerk moet ook verskaf word.


80


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165