This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS


In vroeër tydperke het selfs klein Griekse stede pottebakkerswerk vir plaaslike gebruik geproduseer. Dit het baie in styl en standaard van mekaar verskil. Kenmerkende pottebakkerswerk wat as kuns deurgaan, is op sommige van die Egeïese eilande geproduseer, asook in Kreta en in die ryk Griekse kolonies van Suid-Italië en Sisilië. Teen die laat-Argaïese en vroeë Klassieke tydperke het twee groot handelsmagte, Korinthe en Athene, die toneel begin domineer. Hulle pottebakkerswerk is oral oor Griekeland uitgevoer en het die plaaslike weergawes verdryf. Potte uit Korinthe en Athene is so ver as Spanje en die Oekraïne opgespoor en het so algemeen in Italië voorgekom dat die in die 18de eeu as “Etruriese vase” versamel is. Talle van hierdie potte is massavervaardigde produkte van ’n lae gehalte. Teen die 5de eeu v.C. het pottebakkerswerk in werklikheid ’n bedryf geword en verfwerk op potte was nie meer ’n belangrike kunsvorm nie.


Die geskiedenis van antieke Griekeland se pottebakkerswerk word stilisties in tydperke verdeel: • die Protogeometriese, vanaf ongeveer 1050 v.C.; • die Geometriese, vanaf ongeveer 900 v.C.; • die Laat-Geometriese of Argaïese, vanaf ongeveer 750 v.C.; • die Swartfiguur, vanaf die vroeë 7de eeu v.C.; • en die Rooifiguur, vanaf ongeveer 530 v.C.


Die reeks kleure wat op die potte gebruik kon word, is deur die oonddrogingstegnologie beperk: swart, wit, rooi en geel was die algemeenste. In die drie vroeëre tydperke is die potte in hulle natuurlike ligte kleur gelaat, en is versier met ’n slib wat in die bakproses swart geword het.


Die volledige swartfiguur-tegniek met die bygevoegde rooi en wit detail en kerfwerk vir buitelyne en detail het vroeg gedurende die 7de eeu v.C. in Korinthe onstaan en is ongeveer ’n geslag later na Attika gebring, waar dit tot die einde van die 6de eeu v.C. gefloreer het. Die rooifiguur-tegniek, wat ongeveer 530 v.C. uitgevind is, het hierdie tradisie omgekeer, met die potte wat swart geverf is en die figure in rooi. Rooifiguur-vase het stadigaan die swartfiguurstyl vervang. Groter houers is soms gegraveer sowel as geverf.


Gedurende die Progeometriese en Geometriese tydperke is Griekse pottebakkerswerk met abstrakte ontwerpe versier. In later tydperke, namate die estetiese geskuif het en die tegniese vaardigheid van pottebakkers verbeter het, het die versierings die vorm menslike figure aangeneem. Hierdie figure het gewoonlik die gode van die Griekse geskiedenis en mitologie uitgebeeld. Oorlogs- en jagtonele was ook gewild, aangesien hulle die perd, wat die Grieke hoog geag het, kon uitbeeld. In later tydperke het erotiese temas algemeen geraak.


Griekse pottebakkerswerk is dikwels onderteken, soms deur die pottebakker of die hoof van die pottebakkery, maar slegs nou en dan deur die skilder. Honderde skilders is egter deur hulle artistieke persoonlikhede identifiseerbaar: waar handtekeninge nie meer sigbaar was nie, is die werke vernoem na hulle onderwerpkeuses, soos die “Achilles-skilder”, of volgens die pottebakker vir wie hulle gewerk het, soos die Laat-Argaïese “Kleophrades-skilder”, of selfs as gevolg van waar hulle tans is, soos die Laat-Argaïese “Berlyn- skilder”.


Metaalhouers Die produksie van groot metaalhouers was, veral gedurende die Geometriese en Argaïese fases, ’n belangrike uitdrukking van Griekse kreatiwiteit, en ’n belangrike stadium in die ontwikkeling van bronswerk-tegnieke, soos die gietproses en gedrewe werk. Vroeë heiligdomme, veral Olimpia, het honderde sulke houers opgelewer wat as dankoffers daar geplaas is. Gedurende die Oosterse tydperk is sulke driepote dikwels met figure in die vorm van griffioene, sfinkse en ander fantasie-kreature versier. Alhoewel groot metaalhouers gedurende die Argaïese en Klassieke tydperke minder belangrik geword het, het die produksie daarvan nie heeltemal opgehou nie. Die Vix-kruik is ’n beroemde voorbeeld wat teen ongeveer 530 v.C. gedateer word.


96


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165