ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS 1 – 2. Inleiding tot produkontwerp en ergonomie
Nuttige inligting: produkontwerp en ergonomie: Hoewel die proses van ontwerp as “kreatief” of “skeppend” beskou kan word, vind talle analitiese prosesse ook plaas. Trouens, talle industriële ontwerpers gebruik dikwels ontwerpmetodologie in hulle skeppende proses. Sommige van die prosesse wat algemeen gebruik word, is gebruikernavorsing, skets, vergelykende produknavorsing, maak van modelle, protipering en toetsing. Hierdie prosesse kan chronologies wees, of soos dit die beste deur ontwerpers en/of ander spanlede omskryf word. Industriële ontwerpers gebruik dikwels 3D-sagteware, rekenaargesteunde industriële ontwerp en CAD-programme om van konsep na produksie te beweeg. Produkeienskappe wat deur die industriële ontwerper gespesifiseer word, kan die oorkoepelende vorm van die voorwerp, die plasing van details ten opsigte van mekaar, kleure, tekstuur, klanke en aspekte ten opsigte van die gebruik van produkergonomie insluit. Die industriële ontwerper kan verder aspekte spesifiseer ten opsigte van die produksieproses, keuse van materiale en die manier waarop die produk by die verkoopspunt vir die verbruiker aangebied word. Die gebruik van industriële ontwerpers in ’n produkontwikkelingsproses kan tot toegevoegde waarde lei deur verbeterde bruikbaarheid, verlaagde produksiekoste en aantreklike produkte. Sekere klassieke industriële ontwerpe word egter as kunswerke sowel as ingenieurswerke beskou: die iPod, die Coke-bottel en die VW Kewer is voorbeelde wat dikwels geïdentifiseer word.
Industriële ontwerp het geen fokus op tegniese konsepte, produkte en prosesse nie. Benewens oorweging aan estetika, bruikbaarheid en ergonomie, kan dit ook die totstandbrenging van projekte, nut en bruikbaarheid, markplasing en ander faktore soos verleiding, psigologie, begeerte en die seksuele of liefdevolle gehegtheid van die gebruiker aan die voorwerp omvat. Hierdie waardes en meegaande aspekte waarop industriële ontwerp gegrond is, kan wissel – tussen denkskole sowel as onder praktiserende ontwerpers.
Produkontwerp en industriële ontwerp kan oorvleuel met die velde van gebruikerkoppelvlakontwerp, inligtingsontwerp en interaksie-ontwerp. Verskillende skole van industriële ontwerp en/of produkontwerp kan in een van hierdie aspekte spesialiseer en strek van suiwer kunskolleges (produkstilering) tot gemengde programme van ingenieurswese en ontwerp, tot verwante dissiplines soos uitstallingsontwerp en binnenshuise versiering. Die term industriële ontwerpingenieur word ook gebruik om ’n tegnies bevoegde produkontwerper of industriële ontwerper te beskryf. Die uitvinder van die Cyclone-stofsuier, James Dyson, kan byvoorbeeld in hierdie kategorie geplaas word.
Industriële ontwerpregte Industriële ontwerpregte is intellektuele eiendomsregte wat die visuele ontwerp van voorwerpe wat nie suiwer nutswaarde het nie, eksklusief maak. ’n Industriële ontwerp bestaan uit die skep van ’n vorm, konfigurasie of komposisie van patroon of kleur, of kombinasie van patroon en kleur in driedimensionele vorms wat estetiese waarde bevat. ’n Industriële ontwerp kan ’n twee- of driedimensionele ontwerp wees wat gebruik word om ’n produk, industriële kommoditeit of handwerk te produseer. Ingevolge die Den Haag-ooreenkoms oor die internasionale bewaring van industriële ontwerp bestaan daar ’n prosedure vir internasionale registrasie. ’n Aansoeker kan aansoek doen om ’n enkele internasionale deposito by WIPO of by die nasionale kantoor in ’n land wat ’n party tot die verdrag is. Die ontwerp word dan beskerm in soveel lidlande van die verdrag as wat verlang word.
Tipes nuwe produkte Daar is verskeie algemene kategorieë van nuwe produkte. Party is nuut op die mark (byvoorbeeld DVD- spelers in die tuisfliekmark), party is nuut by die maatskappy (byvoorbeeld speletjiekonsoles by Sony), en ander is heeltemal nuut en skep heeltemal nuwe markte (byvoorbeeld die lugvaartbedryf). Wanneer dit teen verskillende kriteria gemeet word, is sommige nuwe produkkonsepte bloot geringe wysigings van bestaande produkte, terwyl ander heeltemal innoverend vir die maatskappy is: • veranderinge aan uitgebreide produk • kernprodukhersiening • lynuitbreidings • nuwe produklyne • herposisionering • heeltemal nuut.
119
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124 |
Page 125 |
Page 126 |
Page 127 |
Page 128 |
Page 129 |
Page 130 |
Page 131 |
Page 132 |
Page 133 |
Page 134 |
Page 135 |
Page 136 |
Page 137 |
Page 138 |
Page 139 |
Page 140 |
Page 141 |
Page 142 |
Page 143 |
Page 144 |
Page 145 |
Page 146 |
Page 147 |
Page 148 |
Page 149 |
Page 150 |
Page 151 |
Page 152 |
Page 153 |
Page 154 |
Page 155 |
Page 156 |
Page 157 |
Page 158 |
Page 159 |
Page 160 |
Page 161 |
Page 162 |
Page 163 |
Page 164 |
Page 165