This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS D


Dekoratiewe ontwerp: enigste doel van die aanbring van enige ontwerptegniek is om die oppervlak, produk of ruimte te versier.


E


Eietyds: wat aan vandag behoort en nie in die verlede of die toekoms nie. Ergonomie: ’n kombinasie van wetenskaplike ontleding van mense en hoe ons funksioneer. Metodes en omstandighede wat in ag geneem word wanneer ’n verskeidenheid toerusting en produkte wat ons gesondheid, veiligheid en welsyn sal verbeter, ontwerp word.


Esteties aangenaam/estetika: skoonheid wat deur ’n produk gereflekteer word, skoonheid wat deur die kyker ervaar word. Evaluering: om dinge te ontleed en verbeterings aan te beveel sodat die beste ontwerpoplossing gekies kan word.


F


Funksionele ontwerp: belangrikste uitkoms is dat die produk funksioneel moet wees, soos ’n bakkie om vrugte of vloeistof in te sit, ’n melkbeker, ’n motor wat vervoer verskaf, juwele wat ons liggame versier of bykomstighede vir ons uitrustings. Iets wat ’n praktiese nut het.


G


Geometriese vorms: basiese vorms soos ’n sirkel, driehoek en reghoek/vierkant wat gewoonlik baie presies getrek word met die gebruik van instrumente soos ’n liniaal.


Glasblasery/-ontwerp/-kuns: prosesse en tegnieke wat betrokke is by die produksie van glasprodukte. Dit kan ’n dekoratiewe voorwerp wees, of iets funksioneel soos ’n drinkglas. Graffiti: die krap van ’n ontwerp, beeld of letters in ’n oppervlak. Kan ook ingewikkelde muurskilderye wees was as alternatiewe instrument, in ’n ander styl en formaat gebruik word om ’n handelsmerk of produk te adverteer. Spuitverf en merkpenne is gewilde materiale om te gebruik.


H


Handgemaakte vorms: enige voorwerp wat met die hand gemaak is en nie deur ’n masjien nie. Handwerk: dikwels die tradisionele manier om iets vaardig met die hand te maak. Dit is meestal funksioneel.


102


Aktiwiteite soos weefwerk, mandjiewerk, kerfwerk en pottebakkerswerk. Handwerker: Vaardige persoon wat by die maak van ’n handwerkproduk betrokke is. Herontwerp: om ’n bestaande ontwerp te verbeter.


I


Industrialisering: skuif van klem van handgemaakte na masjienvervaardigde (massaproduksie) artikels Industriële ontwerp: die skep van produkte en ontwikkeling van konsepte en spesifikasies wat die voorkoms, funksie en waarde van produkte en stelsels verbeter en vir die gebruiker en vervaardiger tot voordeel is. Verbeterings kan volhoubaarheid, ekonomiese groei en gebruikersvriendelikheid van die diens of produk in gedagte hou.


Industriële ontwerper: hy of sy ontwerp produkte soos vervoermiddele (motors, fietse, motorfietse); selfone, meubels, tandeborsels, mediese instrumente en toerusting en enige ander produk wat gewoonlik ons lewenstandaard verbeter of onderhou. Inligtingsgrafika/inligtingsontwerp: visuele elemente wat inligting, data of kennis voorstel wat gebruik word om komplekse inligting vinnig en duidelik te maak (byvoorbeeld tekens, kaarte, joernalistiek, tegniese skryfwerk en onderwys). Word ook uitgebreid gebruik as gereedskap deur rekenaarwetenskaplikes, wiskundiges en statistici om inligting maklik oor te dra.


J


Juweelontwerp: die ontwerp van bykomstighede om die liggaam of klere/uitrusting te versier. Konsep: ’n algemene stelling of die idee agter ’n produk Konstruksiemetode: die stapsgewyse manier en metode om iets te bou. Kralewerk: die invoeg van krale op ’n 3D- of 2D-oppervlak. Kralewerk versier ’n oppervlak.


K


Landskapsontwerp: die ontwerp van die landskap of stuk grond. Dit kan insluit die ontwerp en uitleg van tuine, die insluit van ander ontwerp-voorwerpe soos waterfonteintjie en buitemeubels. Die ontwerp van buiteruimtes. Leefstyle: styl waarmee geleef word/manier van lewe wat na vore kom in keuse van klere, musiek en ander vorms van vermaak, vervoer, leefomgewing ensovoorts.


M


Massavervaardig: produkte of voorwerpe wat in groot hoeveelhede gemaak word, gewoonlik deur ’n masjien


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165