ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS
Die aktiwiteite laat die onderwyser ook toe om die formaat van die projek aan te pas. Hoewel die meeste projekte met ander woorde as praktiese ervarings vir die leerder vertolk kan word, kan jy ook aanbiedings- en opstelskryfvaardighede betrek waar jy wil.
Aktiwiteit 1, 2, 3, 4, 5 en 9: Inhoud soos hierdie sal aan jou en jou leerders die geleentheid gee om die elemente van ontwerp as ’n vak en die rol wat dit in verskillende sektore vervul, die impak op die samelewing en sy omgewings te verken en ’n algemene oorsig daaroor te verkry.
Aktiwiteit 6 en 8: Praktiese projekte wat probleemoplossings-, innovasie- en kreatiewe vaardighede ontwikkel, asook die ontwikkeling van konseptuele vaardighede en die verkenning van die gebruik van ’n verskeidenheid materiale en tegnieke.
Aktiwiteit 10–24 is praktiese aktiwiteite om ’n leeromgewing te skep en die elemente en beginsels van ontwerp toe te pas. Dit is praktiese projekte wat parallel met die teoretiese komponente hanteer moet word.
Voorbeelde van assesseringskriteria en -formate word ook ingesluit en kan na gelang van die betrokke projek en die vlak en vermoëns van die leerders deur jou aangepas word.
Die aksie van teken gee ons die vermoë om werklik te sien en te dokumenteer wat ons waarneem. Nog ’n “hoender-en-eier”-situasie, want hoewel ons beter waarnemingsvermoë ons sal leer om beter te teken, ons die vaardigheid en aksie van teken toenemend moet oefen om ons waarnemingsvermoë te verbeter. Die tekenprogram sal leerders bekendstel aan klassieke tekenmetodes en -tegnieke wat reeds eeue lank deur kunstenaars en ontwerpers van regoor die wêreld gebruik word.
1. Inleiding: Wat is ontwerp?
Aktiwiteit 1 Materiale: Elke leerder moet ’n prent van ’n interieur (verkieslik sonder enige mense, diere of organiese voorwerpe) en ’n swart Koki-pen hê. Die prent kan uit ’n binnenshuise versiering-tydskrif of enige ander hulpbron kom wat deur die leerder of onderwyser klas toe gebring is.
Oefening: Vra die leerders om die Koki-pen te gebruik om alles in die prent uit te krap wat as ontwerp geklassifiseer kan word/deur ’n ontwerper geskep is.
* Let asseblief daarop dat indien jy nie toegang tot Koki-penne het nie, leerders skêre kan gebruik om elke voorwerp in die prent uit te knip wat deur ’n ontwerper geskep is (met op die ou einde niks oor om uit te knip nie).
Gevolgtrekking: Die leerders moet eindig met ’n “swart” prent (alles doodgetrek buiten mense, diere of ander organiese dele) – wat bewys dat alles om ons ONTWERP IS. Sonder ontwerp sal die wêreld dus leeg of gestroop wees – pikswart! Aktiwiteit 2 Net ’n paar voorbeelde van die artikels waaraan ons raak of wat ons gebruik vandat ons in die oggend wakker word totdat ons skool toe gaan – al hierdie goed moet ontwerp en herontwerp word om by voortdurend veranderende leefstyleise, veranderende tendense en nuwe tegnologie aan te pas.
Let daarop dat hierdie aktiwiteit na ’n teken aktiwiteit in die leerder se boek verander het.
* Dit kan ook ’n waardevolle tekenoefening wees waarin die leerders voorwerpe in chronologiese volgorde teken om die verhaal van hulle interaksie met ontwerpe voorwerpe in die eerste uur van hulle dag visueel te vertel. Jy moet dan die gebruik van ’n verskeidenheid tekenmateriale en -tegnieke bekendstel.
* Die gebruik van talle raampies in chronologiese volgorde om ’n visuele verhaal te vertel, word ook ’n STORIEBORD genoem. Hierdie soort storiebord (die gebruik van visuele elemente in chronologiese raampies) is een van die eerste stappe wat ’n animeerder sal gebruik nadat hulle die karakters ontwikkel het. Hierdie formaat kan ook gebruik word wanneer die inhoud en konteks van reklameveldtogte vir kliënte aangebied word. As die kliënt met die inhoud saamstem, word die storiebord na die volgende stadium
14
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124 |
Page 125 |
Page 126 |
Page 127 |
Page 128 |
Page 129 |
Page 130 |
Page 131 |
Page 132 |
Page 133 |
Page 134 |
Page 135 |
Page 136 |
Page 137 |
Page 138 |
Page 139 |
Page 140 |
Page 141 |
Page 142 |
Page 143 |
Page 144 |
Page 145 |
Page 146 |
Page 147 |
Page 148 |
Page 149 |
Page 150 |
Page 151 |
Page 152 |
Page 153 |
Page 154 |
Page 155 |
Page 156 |
Page 157 |
Page 158 |
Page 159 |
Page 160 |
Page 161 |
Page 162 |
Page 163 |
Page 164 |
Page 165