This content requires Adobe Flash Player version
or later.
Either you do not have Adobe Flash Player installed,
or your version is too old,
or there is a problem with your Flash installation and we were unable to detect it.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS Dertig jaar van Suid-Afrikaanse ontwerpuitnemendheid
“Thirty Years of South African Design Excellence”, met meer as 140 bladsye met talle foto’s, is in 1999 ge- publiseer om die dertigste herdenking te vier van die toekennings wat die Ontwerpinstituut van Suid-Afrika maak, en om die prestasies van Suid-Afrikaanse industriële en ingenieursontwerp oor drie dekades te vier. Dit sluit in ’n volledige lys van die meer as 400 produkte waarvoor sedert 1969 toekennings gemaak is, die beskrywings van die belangrikste produkte, ’n interpretasie van die hooftendense, en ’n kort geskiedenis van ontwerppromosie in Suid-Afrika. Skryf aan design@sabs.co.za om jou gratis kopie te ontvang.