ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS
Maatskaplike uitwerking In terme van die maatskaplike struktuur het die Industriële Revolusie die middelklas van nyweraars en sakelui oor die burger- en adelstand laat triomfeer.
Gewone werkende mense het al hoe meer geleenthede vir werk in die nuwe fabrieke gehad, maar die werksomstandighede was dikwels streng en lang ure is oorheers deur ’n tempo wat deur masjiene gestel is. Strawwe werksomstandighede het egter geheers lank voordat die Industriële Revolusie plaasgevind het. Die samelewing voor die revolusie was staties en dikwels wreed – kinderarbeid, swak lewensomstandighede en lang werksure was netso algemeen voor die revolusie.
Fabrieke en verstedeliking Industrialisering het tot die skep van fabrieke gelei. Die fabriekstelsel was hoofsaaklik verantwoordelik vir die ontstaan van moderne stede, aangesien groot getalle werkers na die stede gemigreer het op soek na werk in die fabrieke.
Kinderarbeid Die Industriële Revolusie het tot bevolkingsgroei gelei, maar die kans om jou kinderjare te oorleef, het nie verbeter nie (hoewel babasterſtesyfers merkbaar verbeter het). Daar was steeds beperkte geleentheid vir onderwys, en kinders moes werk. Werkgewers kon kinders minder as volwassenes betaal, al was hulle produktiwiteit baie dieselfde. Dit was nie nodig om sterk te wees om ’n industriële masjien te bedryf nie, en omdat die industriële stelsel heeltemal nuut was, was daar geen ervare volwasse arbeiders nie. Dit het kinderarbeid die voorkeurvorm van arbeid in vervaardiging gemaak in die vroeë fases van die Industriële Revolusie, tussen die 18de en 19de eeu.
Politici en die regering het probeer om kinderarbeid deur wetgewing te beperk, maar fabriekseienaars het weerstand gebied. Party het gevoel dat hulle besig was om die armes te help deur aan kinders geld te gee om kos te koop en verhongering te keer, en ander het bloot die goedkoop arbeid verwelkom. In 1833 en 1844 is die eerste algemene wette teen kinderarbeid die Fabriekswette, in Engeland uitgevaardig: kinders jonger as nege is nie toegelaat om te werk nie, kinders mag nie snags gewerk het nie en die werksdag van kinders jonger as 18 jaar is tot 12 ure beperk. Fabrieksinspekteurs het toesig gehou oor die toepassing van die wet. Ongeveer tien jaar later is die indiensneming van kinders en vroue in mynbou verbied. Hierdie wette het die getal kinderarbeiders verminder, maar kinderarbeid het tot in die 20ste eeu in Europa voortgeduur.
Behuising Lewensomstandighede tydens die Industriële Revolusie het gewissel van die prag van die huise van die eienaars tot die smerigheid van die lewens van die werkers. Arm mense het in baie klein huisies in nou strate gewoon. Hierdie huise het toiletgeriewe gedeel, oop riole gehad en was baie klam. Siektes is deur die besmette watervoorraad versprei. Omstandighede het in die 19de eeu verbeter namate wette oor openbare gesondheid ingestel is om goed soos riolering en higiëne te reguleer en grense op die bou van huise te plaas. Nie almal het egter in huise soos hierdie gewoon nie. Die Industriële Revolusie het ’n groter middelklas van professionele lui soos prokureurs en dokters geskep. Die omstandighede van die armes het in die loop van die 19de eeu verbeter as gevolg van die planne van die regering en plaaslike owerhede, wat daartoe gelei het dat stede skoner plekke geword het, maar die lewe vir armes voor industrialisering was nie maklik nie. Groot getalle van die werkersklas het egter tydens die revolusie gesterf omdat siektes as gevolg van die beknopte woonomstandighede versprei het. Stakings en opstande deur werkers was redelik algemeen.
Ander uitwerkings Die gebruik van stoomkrag in die industriële drukproses het daartoe gelei dat die uitgee van koerante en populêre boeke geweldig uitgebrei het, wat toenemende geletterdheid en die eise om politieke deelname deur die massas versterk het.
123
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124 |
Page 125 |
Page 126 |
Page 127 |
Page 128 |
Page 129 |
Page 130 |
Page 131 |
Page 132 |
Page 133 |
Page 134 |
Page 135 |
Page 136 |
Page 137 |
Page 138 |
Page 139 |
Page 140 |
Page 141 |
Page 142 |
Page 143 |
Page 144 |
Page 145 |
Page 146 |
Page 147 |
Page 148 |
Page 149 |
Page 150 |
Page 151 |
Page 152 |
Page 153 |
Page 154 |
Page 155 |
Page 156 |
Page 157 |
Page 158 |
Page 159 |
Page 160 |
Page 161 |
Page 162 |
Page 163 |
Page 164 |
Page 165