This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS


Laat die leerders toe om hulle navorsing te doen en alles uit te vind wat betrekking het op die ouderdomsgroep wat hulle gekies het. Help hulle om verskillende maniere te identifiseer om hierdie inligting te versamel. Na gelang van die ouderdomsgroep van hulle teikenmark kant dit byvoorbeeld meer relevant wees om onderhoude te voer met die ouers van kinders wat in daardie spesifieke ouderdomsgroep val, of hulle kan speelgoedwinkels besoek en ’n verskeidenheid produkte bestudeer wat reeds daar verkoop word.


Opstelskryf Laat die leerders toe om die instruksies en moontlike advies vir ouers neer te skryf sodat hulle kinders met sukses met die leerder se produk kan werk. Na gelang van die ouderdomsgroep kan hierdie instruksies die reëls van ’n bordspeletjie insluit, of hoe om ’n driedimensionele voorwerp te bou, wat dan ’n lyntekening, grafiese voorstelling of tegniese tekening kan insluit om die boumetode visueel te kommunikeer.


Selfassessering en nabetragting Dit is belangrik dat die leerders die sukses van hulle finale produkte moet assesseer. Die beste manier om dit te evalueer, is om hulle teikenmark te gebruik deur kinders met hulle produk te laat speel en werk. As die leerders nie toegang tot die teikenmark het nie, stel ’n omgewing op, stal die verskillende produkte uit wat deur die klas ontwerp is en laat die leerders vryelik van een projek na die volgende beweeg. Gee aan hulle assesseringskriteria om elke produk te evalueer en gradeer. Hierdie evaluasieproses moet ook genoeg tyd gee vir terugvoer en besinning sodat elke leerder kan teruggaan en die laaste veranderinge aanbring voordat hulle die projek uiteindelik inhandig om deur die onderwyser geëvalueer te word.


Laat hulle laastens ’n verslag oor hulle bevindings skryf en die sukses van hulle finale produk evalueer. * Let op dat dieselfde assesseringsrooster as dié wat in Aktiwiteit 6 gebruik word, ook hier gebruik kan word.


Die leerders kan die volgende kontrolelys vir talle projekte gebruik en moet deur die onderwyser aangemoedig word sodat leerders die gewoonte kan aankweek om navorsing te doen en ondersoek in te stel voordat hulle met die werklike ontwerp/produk begin.


Die leerders moet voortgaan om tydens die ontwerpproses die volgende vrae te vra: (Merk die toepaslike blokkie)


Vrae


Verstaan ek my begrip of idee? Verstaan ek en weet ek genoeg van my teikenmark? Verstaan ek die styl, gemoedstemming of voorkoms en gevoel wat ek wil bereik en oordra? Weet ek hoe ek lyn, kleur, tekstuur, vorm en toon wil manipuleer om dit te bereik?


Met my teikenmark in gedagte, kan ek identifiseer watter ontwerpbeginsels ek sal gebruik om my ontwerp te laat slaag? Weet ek wat ek die kind wil laat ervaar, voel en leer terwyl hy of sy met my finale ontwerp werk?


Ja Dalk Nee


23


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165