This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS J


Jukstaposisie: om elemente of objekte langs mekaar te plaas Juweliersontwerp: bybehore vir die liggaam of klerasie/uitrusting


K


Karaktereienskappe: ’n unieke kombinasie van kwaliteite wat spesifiek ’n voorwerp, persoon of spasie voorstel; kwaliteite wat dit laat onderskei van die res Keramiek: voorwerp wat uit klei gemaak is en wat van kwaliteit verander wanneer dit aan hitte blootgestel word; 2D-oppervlaktes soos teëls, 3D-voorwerpe wat slegs kunstig of dekoratief is of funksioneel soos ’n vrugtebak Kitsch: alledaagse artikels, objekte en dekoratiewe dinge wat as smaakloos, sentimenteel of as valse styl beskou word Kleinhandel: die verkoop van goedere of produkte aan die publiek in relatiewe klein hoeveelhede; vir persoonlike gebruik eerder as om herverkoop te word Klem: ’n fokuspunt sal byvoorbeeld die voorwerp of gedeelte van die ontwerp beklemtoon; word aangewend deur middel van spesifieke kleure, teksture, lyne, ens. wat gewoonlik kontrasterend of van beter kwaliteit as die res van die voorwerpe in die gedeelte is; gebruik van elemente op ’n spesifieke manier sodat dit maksimum visuele aandag trek Kleurvibrasie: wanneer twee kontrasterende kleure gebruik word, reflekteer die grenslyn ’n persepsie van beweging of vibrasie


Kleurharmonie: kleure langs mekaar op die kleurwiel werk goed saam of harmoniseer Kleurpalet: ’n spesifieke groep, reeks of ’n verskeidenheid van kleure wat vir ’n spesifieke projek geïdentifiseer is; die reeks kleure kan bv. kontrasterend, komplimenterend of monochromaties wees Kleurskakering: ’n spesifieke skakering van dieselfde kleur Kleurverskeidenheid: die gebruik van verskillende kleure Kleurwaarde: die ligtheid of donkerte van ’n kleur Kleurwiel: toon die verwantskap tussen kleure, soos primêre kleure, sekondêre kleure, komplimentêre kleure in ’n georganiseerde manier in ’n sirkel/sirkelvormige kaart; gebruik tydens die studie van die teorie van kleur Koel kleure: skakerings van die blou-en groenspektrum op die kleurwiel Komplimentêre kleure: kleure wat op teenoorgestelde kante van die kleurwiel voorkom soos rooi en groen, geel en pers, blou en oranje; ’n primêre kleur is die komplimentêre kleur van ’n sekondêre kleur (die meng van 2 primêre kleure) Komposisie: die uitkoms en rangskikking van die elemente/objekte van ontwerp binne ’n spesifieke 2-dimensionele of 3-dimensionele spasie Komposisionele beweging: word bewerkstellig deur die manier waarop die elemente saamgestel word in ’n uitleg; elemente trek die aandag van die kyker – die oog moet van een punt na die volgende in die komposisie beweeg Konsep: ’n algemene bewering of idee aangaande ’n potensiële produk Konseptualiseer: om met ’n idee vorendag te kom Konseptuele tekeninge: tekeninge wat idees of planne weergee Konseptuele vaardighede: die vaardigheid om ’n oorspronklike idee of plan te bedink; ’n gevorderde manier van denke ten opsigte van analisering, observasie en die interpretasie van voorwerpe, mense en situasies Konteks: verduidelik die wat, hoe, waar en hoekom van ’n ontwerp; die ware spasie of plek waarin iets geplaas is Kontemporêr: behoort aan die huidige tyd; modern; op datum; nie in die verlede of in die toekoms nie Kontoerlyne: ’n lyn wat ’n objek omlyn; hoeke of kante van vorms Kontras (verskeidenheid): plasing van teenoorgestelde kwaliteite van lyne, kleure, teksture of vorms wat saam ’n kontras of verskeidenheid skep, soos byvoorbeeld die hoë kontras en verskille tussen baie ligte en baie donker areas in ’n beeld of prent Kontrasterend: teenoorgesteldes wat saamgevoeg word; kan verskillende vorms, lyne, teksture, kleure wees asook voorwerpe wat verskillende eienskappe het Kontrole: nie spontaan; noukeurig beplan en uitgevoer; om totale beheer oor die uitkoms/resultaat te hê Korporatiewe ID of identiteit: die unieke, herkenbare beeld/handelsmerk/simbole van die besigheid/maatskappy; Kostuumontwerp: die ontwerp van kostuums vir vermaaklikheid soos ’n teaterproduksie; ’n kostuum kan ook ’n spesifieke styl of era uitbeeld (periode kostuums); ontwerp van kostuums vir gebruik in ’n film of advertensie


150


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165