ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS Kommunikeer visueel deur ontwerp
Visuele kommunikasie, soos die naam aandui, is kommunikasie deur middel van visuele hulpmiddels. Dit is die oordra van idees en inligting in formate wat gelees en na gekyk kan word. Dit word primêr met tweedimensionele beelde geassosieer en sluit in: tekens, tipografie, tekeninge, grafiese ontwerp, illustrasies, kleur en elektroniese hulpbronne. Dit maak uitsluitlik op sig staat. Dit is ’n vorm van kommunikasie met visuele effek. Dit verken die idee dat ’n visuele boodskap met teks ’n groter vermoë het om ’n persoon in te lig, op te voed of te oorreed. Dit is kommunikasie deur inligting in visuele vorm aan te bied. Die evaluering van ’n goeie visuele ontwerp word gegrond op die meet van die gehoor se begrip, nie op estetiese of artistieke voorkeur nie. Daar is geen universele ooreengekome beginsels van skoonheid en lelikheid nie. Daar is ’n verskeidenheid maniere waarop inligting visueel aangebied kan word, byvoorbeeld gebare, lyſtaal, video en TV. Hier is die fokus op die aanbieding van teks, prente, diagramme, foto’s, ensovoorts, wat op ’n rekenaarskerm geïntegreer word. Die term visuele aanbieding word gebruik om na die werklike aanbieding van inligting te verwys. Onlangse navorsing op hierdie gebied het op webontwerp en grafies-georiënteerde bruikbaarheid gefokus. Grafiese ontwerpers gebruik metodes van visuele kommunikasie in hulle professionele praktyk.
Visuele kommunikasie op die wêreldwye web is dalk die belangrikste vorm van kommunikasie wat plaasvind wanneer gebruikers op die internet rondrits. Wanneer jy die web ervaar, gebruik jy jou oë as die primêre sintuig en die visuele vertoning van ’n webwerf is dus belangrik vir die gebruiker se begrip van die kommunikasie wat plaasvind. (
www.wikipedia.com)
1. Inleiding
Die geskiedenis en gebruik van simbole is universele en antieke verskynsels. Hoewel die kommunikasiemetodes van antieke kulture deur die geskiedenis gesien kan word, het daar nie veel tot met die hede verander nie. Ons metodes het dalk verander, maar ons maak nog steeds grootliks staat op die gebruik van simbole om ’n visuele taal of boodskap te kommunikeer. Voordat die samelewing ’n universele alfabet en getallestelsel gekry het, het hulle gekommunikeer en handel gedryf met behulp van die kleur, vorm/ motiewe en waarde van ’n voorwerp soos goud, ivoor, glaskrale, ens. Motiewe en kleur is dikwels simbolies gebruik om die status van ’n persoon/koning/koningin of kleinboer oor te dra, en dit is ook gemeet aan hulle besittings, byvoorbeeld goud, beeste of die gehalte en styl van hulle kleredrag. Die skoonheid en mag van visuele kommunikasie deur die gebruik van universele simbole lê daarin dat dit die vermoë het om vlakke van geletterdheid en opvoeding te oorskry en taalgrense te oorkruis.
Dink aan lughawens of groot winkelsentrums. Internasionale reisigers kan alles kry wat hulle nodig het deur bloot na die talle simbole, ikone en piktogramme te kyk wat bokant hulle koppe op borde en tekens vertoon word.
Ontwerp is ’n basiese menslike aktiwiteit en ons kan nie eers die basiese beginsels van ontwerp bestudeer sonder om ’n groot verskeidenheid simbole en tekens raak te loop nie.
Ontwerpers vandag verstaan die belangrikheid van simbole om betekenis oor te dra. Simbole speel hierdie rol reeds so lank as wat mense die behoeſte het om te kommunikeer. Met die gebruik van innoverende vaardighede en kreatiewe denke kan simbole in ontwerp benut word om met groot gehore te kommunikeer.
Ons word toegegooi met duidelike visuele beelde, klanke, woorde en idees elke keer as ons die TV of radio aanskakel of met die straat af loop. Duisende bemarkingsbestuurders ding mee om ons aandag, gooi hulle handelsmerke in ons gesig, ore en leefruimtes vir ons tyd en geld. Dit is dus belangrik om na te dink oor die manier waarop ons idees aan verbruikers oordra. Vars, nuwe idees in verskillende vorms en groottes kan die wedloop om aandag wen.
’n Suksesvolle ontwerper moet die impak van ’n beeld of simbool of verskillende individue verstaan. Sonder die regte kennis van die geskiedenis en konteks van sekere simbole kan die ontwerper maklik ’n idee wankommunikeer.
60 59
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124 |
Page 125 |
Page 126 |
Page 127 |
Page 128 |
Page 129 |
Page 130 |
Page 131 |
Page 132 |
Page 133 |
Page 134 |
Page 135 |
Page 136 |
Page 137 |
Page 138 |
Page 139 |
Page 140 |
Page 141 |
Page 142 |
Page 143 |
Page 144 |
Page 145 |
Page 146 |
Page 147 |
Page 148 |
Page 149 |
Page 150 |
Page 151 |
Page 152 |
Page 153 |
Page 154 |
Page 155 |
Page 156 |
Page 157 |
Page 158 |
Page 159 |
Page 160 |
Page 161 |
Page 162 |
Page 163 |
Page 164 |
Page 165