This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS


* As ons kyk na voorbeelde van openbare beelde en monumente kan ons baie leer oor die krag van visuele taal. Motiveer jou leerders om hulle waarnemingsvaardighede te verskerp en dit direk in hulle wêreld en die omgewing om hulle te gebruik. Hulle moet kan identifiseer met die boodskap en voorkoms en gevoel van wat hulle sien, en verstaan watter elemente suksesvol gebruik is om dit te kommunikeer. Dit sal hulle visuele geletterdheidsvaardighede heelwat verbeter en hulle eie vermoë verbeter om visueel deur middel van hulle ontwerpwerk te kommunikeer. Onthou dat al die vaardighede wat hulle leer – in hierdie geval visuele geletterdheid – nie net op ontwerp van toepassing is nie, maar eerder ingebed is in alles wat ons doen, ervaar en sien.


Aktiwiteit 9 Materiale: Die onderwyser/leerder soek/versamel prente of ander visuele elemente wat georganiseer en op papier of karton OF in hulle ontwerpwerkboeke geplak word. Die onderwyser kan ook sy/haar eie flitskaarte produseer om met hierdie aktiwiteit te help.


* Let op dat hierdie aktiwiteit ook ’n opstel oor een of meer van die kategorieë of loopbaangeleenthede beskikbaar in elke kategorie kan insluit. Die onderwyser moet die inhoud en lengte van hierdie skriſtelike projek bepaal.


Oefening: Soek visuele voorbeelde om die diversiteit van die volgende vier kategorieë te verduidelik wat die kreatiewe bedrywe verteenwoordig: • Visuele kommunikasie • Produkontwerp • Oppervlakontwerp • Omgewingsontwerp


* Soek nog voorbeelde in Woolworths se “Making the Difference Trough Design Daily”-hulpbronhandleiding


Hier is nog voorbeelde van aktiwiteite wat gebruik kan word om die vier kategorieë en verskillende dissiplines bekend te stel. Die volgende is eenvoudige idees en moet deur die onderwyser verder ontwikkel word:


• Omskryf en verken die rol van en werkgeleenthede in die onderskeie kategorieë en sektore, byvoorbeeld grafiese ontwerp, animasie en reklame in die kategorie van visuele kommunikasie. Sluit dieselfde studie by elke kategorie in: – Dit kan bekend gestel word as ’n klasbespreking (gevolg deur ’n opstel of enige ander formaat).


OF


• Organiseer jou navorsingskomponente en skryf ’n opstel: – Skryf ’n opstel oor drie of meer sektore uit elke kategorie (soos hierbo aangedui word).


OF


• Maak drie of meer storieborde per kategorie: – Verduidelik die rol van ontwerp visueel in ’n verskeidenheid kategorieë. Hier moet die leerders ook identifiseer in watter ander sektor, soos dienste, stelsels of omgewings, hulle elkeen sal klassifiseer. – Raadpleeg die lyste wat in die handboek verskaf word.


3. Elemente van ontwerp


Prente wat in hierdie afdeling gebruik word Al die prente in die handboek is noukeurig gekies, nie net as voorbeelde van elemente en beginsels van ontwerp nie, maar as voorbeelde waarmee die leerder en sy/haar omgewing meer vertroud is sodat ontwerp begryp kan word deur eenvoudige waarnemings en bewustheid, en nie met ingewikkelde teorieë oor iets wat gewoonlik as vreemd beskou word nie..


25


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165