ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS Nuttige inligting
Pompeii is as gevolg van die moeilike terrein nie volgens ’n algemene plan uitgelê soos ons gewoond is om in Romeinse dorpe te sien nie. Die strate is egter volgens die suiwerste Romeinse tradisie reguit en in ’n rooster met veelhoekige klippe uitgelê en daar was huise en winkels aan beide kante van die straat. Dit was om die forum gesentreer.
Benewens die forum, is talle ander dienste aangetref: die Macellum (groot voedselmark), die Pistrinum (meul), die Termopolium (soort kroegie wat koue en warm dranke bedien het), en cauponae (klein restaurante). ’n Amfiteater en twee teaters is gevind, saam met ’n palestra of gimnasium. ’n Hotel (van 1 000 vk. m) wat die bynaam “Grand Hotel Murecine” gekry het, is ’n kort afstand vanaf die dorp aangetref.
Pompeii se geboue het in slegs drie kategorieë geval – dié wat ’n godsdienstige doel gedien het (tempels, godsdienstige gebiede), dié wat ’n burgerlike doel gehad het (basilika, baddens, markte, teaters, amfiteater, palestras ens.), en dié wat vir huishoudelike woondoeleindes gebruik is (atriumhuise, ryhuise, marktuine en ingeslote wingerde). Al die ander gebruike, byvoorbeeld vervaardiging en handel, is in een of ander van die drie burgerlike tipes ingepas eerder as om dit ’n aparte, onafanklike status te gee.
Openbare baddens: Die ongelooflike ding oor die Romeinse baddens is dat hulle een van die vroegste voorbeelde van sentrale verhitting was. ’n Oond het water in ’n stoomketel verhit en dit het dan ingevloei in die caldarium – die deel van baddens waar warm water was. Dieselfde oond het ook die lug verhit wat deur die kanale in die mure en onder die vloer deur gevloei het om die vertrekke warm te hou.
Amfiteater: Mense in Romeinse tye het na die amfiteater toe gegaan om toneelstukke en gladiator-gevegte te sien. Sommige amfiteaters kon met water gevul word sodat skeepsgevegte gehou kon word. Sirkusse met akrobate en diere het optredes in die amfiteater gehou. Hierdie groot amfiteater is een van verskeie in Pompeii.
Watervoorraad: Nadat die water in die stad ingekom het, is die stroom in drie kanale verdeel. Een stroom het die openbare fonteine gevoed. ’n Tweede stroom het water na die openbare baddens geneem en ’n derde stroom het water na die rykste burgers van Pompeii gebring. Blokke is in die vierkantige strukture geplaas om die stroom in die regte rigting te stuur. In tye van droogte was die rykes die eerste wat hulle watervoorraad verloor het en die baddens was die tweede om droog te loop. In uiterste tye van droogte is water slegs aan die openbare fonteine verskaf.
Bakkerye: Talle bakkerye was nodig om die bevolking van 20 000 te voed. Graan is ingevoer aan die bokant van die meulens, wat uit vulkaanrots gemaak is. Slawe of donkies is gebruik om die boonste deel te draai om die graan te maal. Geboë panne is op die lyste geplaas om die meel op te vang. Die pizza- oond soos ons dit vandag ken, is op die antieke Romeinse broodoond gebaseer.
107
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124 |
Page 125 |
Page 126 |
Page 127 |
Page 128 |
Page 129 |
Page 130 |
Page 131 |
Page 132 |
Page 133 |
Page 134 |
Page 135 |
Page 136 |
Page 137 |
Page 138 |
Page 139 |
Page 140 |
Page 141 |
Page 142 |
Page 143 |
Page 144 |
Page 145 |
Page 146 |
Page 147 |
Page 148 |
Page 149 |
Page 150 |
Page 151 |
Page 152 |
Page 153 |
Page 154 |
Page 155 |
Page 156 |
Page 157 |
Page 158 |
Page 159 |
Page 160 |
Page 161 |
Page 162 |
Page 163 |
Page 164 |
Page 165