ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS
Verskillende assesserings: 1. Portuur- of groepassessering tydens klasbespreking 2. Assessering deur onderwyser 3. Selfassessering
Portuur- of groepassessering tydens klasbespreking • Alle leerders moet hulle finale 3D-struktuur vir assessering in die klaskamer uitstal. Die 3D-struktuur moet deur die ontwerpwerkboek, hulle naamkaartjie, asook die titel (emosie) van hulle 3D-struktuur vergesel word. Dit is die regte tyd om die leerders bewus te maak van die belangrikheid van uitstalruimte en hoe om die projek uit te stal sodat die eienskappe daarvan ten volle sigbaar kan wees. Maak alle oppervlakke skoon, en wees bewus van die ruimte om elke projek. Hulle moenie hulle naam of die titel van die projek direk op die projek aandui nie, aangesien dit sal inmeng met die voorkoms en gevoel van die projek en nie ’n geïntegreerde deel van die projek self is nie.
• Ten einde die leerders toe te laat om mekaar te assesseer, deel ’n klaslys of rubriek uit wat die puntetoewysings vir die volgende kategorieë insluit: konsep en innovering, kreatiewe en innoverende gebruik van materiale, tegniese vaardighede, kreatiewe en innoverende gebruik van kleur, lyn en tekstuur, uitvoering en voltooiing van projek en ’n punt wat sal aandui of die leerders die opdrag beantwoord het.
• Die leerders moet ook ’n afsonderlike punt vir die ontwerpwerkboek toeken. Hierdie punt sal ’n aanduiding wees vir die leerder se vermoë om te ontwerp, organiseer en alle stadiums van die ontwerp- en produksieproses te dokumenteer. Tydens portuur- of groepassessering laat hierdie oefening elke leerder toe om hulle maats se manier van dink en werk te ondersoek sodat hulle by mekaar kan leer.
• Laat na die portuurassessering ’n klasbespreking toe en maak alle kommunikasiekanale oop sodat die leerders hulle begrip van die projek kan uitdruk en as ’n groep die geslaagdheid en rasionaal van elke projek kan bespreek.
Assessering deur onderwyser Vir hierdie spesifieke projek sal dit vir die onderwyser waardevol wees om tydens die portuurassessering te assesseer. Op hierdie manier word die onderwyser deel van die klaskaktiwiteite en kan aan die groepbespreking deelneem.
Aktiwiteit 8 Hierdie aktiwiteit moenie voor die “ysbreker” aangepak word nie. Ideaal gesproke moet hierdie projek op ’n later stadium bekend gestel word, veral as die onderwyser die leerders se vermoëns wil assesseer om ’n produk, die korporatiewe identiteit of handelsmerkgewing daarvan en moontlike insluiting van tipografie en verpakking wil assesseer. Dit kan egter op ’n laer vlak ingestel word voordat die leerders blootgestel is aan die kennis, vaardighede en waardes wat die studie van tipografie, verpakking en logo-ontwerp onderlê. Die assesseringstandaarde sal dus eerder fokus op die leerders se vermoë om ’n teikenmark te ondersoek en spesifieke maatskaplike en ontwikkelingsbehoeſtes te identifiseer om by hulle ontwerp te inkorporeer. Die ontwerp van ’n logo en moontlike verpakking van die finale produk sal ’n sekondêre prioriteit word in terme van assessering, maar kriteria soos oorspronklikheid, tegniese vermoëns, innovering, suksesvolle gebruik van geselekteerde materiale kan steeds geassesseer word.
Hierdie aktiwiteit maak voorsiening vir die leerder om ontwerp te verken as ’n instrument wat ’n probleem kan oplos en tot ’n spesifieke menslike behoeſte kan bydra. In hierdie geval ondersoek hulle die vroeë ontwikkelingstadiums en behoeſtes van kinders en deur ’n spesifieke ouderdomsgroep te kies, identifiseer hulle dus met die betekenis van ontwerp vir ’n spesifieke teikenmark.
Onthou altyd: die ontwerpproses moet voor produksie kom!
22
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124 |
Page 125 |
Page 126 |
Page 127 |
Page 128 |
Page 129 |
Page 130 |
Page 131 |
Page 132 |
Page 133 |
Page 134 |
Page 135 |
Page 136 |
Page 137 |
Page 138 |
Page 139 |
Page 140 |
Page 141 |
Page 142 |
Page 143 |
Page 144 |
Page 145 |
Page 146 |
Page 147 |
Page 148 |
Page 149 |
Page 150 |
Page 151 |
Page 152 |
Page 153 |
Page 154 |
Page 155 |
Page 156 |
Page 157 |
Page 158 |
Page 159 |
Page 160 |
Page 161 |
Page 162 |
Page 163 |
Page 164 |
Page 165