ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS 2. Simbole en ikone
Al die volgende aktiwiteite loop parallel met die teoretiese komponente wat in Module 2 bekend gestel word. Voorbeelde van assessering word weer ingesluit en jy kan dit na gelang van die betrokke projek en die vlak en vermoëns van die leerders aanpas.
Aktiwiteit 1 Materiale: Pen/potlood en bronboek/werkboek/vel papier. Kyk na die voorbeeld in die leerder se handboek.
Oefening: Elke leerder moet hulle eie stel van ten minste 20 hiërogliewe ontwerp en ’n brief skryf deur net hulle eie simbole te gebruik. As ’n uitbreiding van hierdie oefening kan die leerders hierdie hiërogliefalfabette uitruil en probeer skryf deur mekaar se simbole te gebruik.
Die oefening behoort bewustheid te help skep van ons assosiasies met simbole en dat die manier waarop ons dit gebruik, ons denkwyses kan weerspieël. Al het tegnologie aansienlik ontwikkel, maak ons in baie gevalle steeds op baie eenvoudige beelde staat om ’n storie te vertel of ’n produk te verkoop. Dink aan ’n suiweladvertensie: ’n koei = melk. Deur te probeer om met jou eie en/of iemand anders se alfabet te skryf, word jy ook bewus van die praktiese moontlikhede en beperkinge van simbole, byvoorbeeld dat hulle maklik moet wees om te lees en na te boots, ens.
Daar word aanbeveel dat leerders hierdie aktiwiteit self evalueer. ’n Selfevalueringsrubriek word in die leerdersboek verskaf.
Aktiwiteit 2
Materiale: Dit kan ’n handgeskrewe of getikte opstel wees. Navorsing kan deur gedrukte media en op die internet gedoen word. Indien dit vir die leerders moeilik is om tot die internet toegang te kry, kan jy twee of meer toepaslike tekste kry om as navorsingsmateriaal vir die leerders uit te deel. Bronboek/werkboek/ vel papier.
Oefening: Die leerders moet die volgende vrae in opstelformaat beantwoord: • Dink jy die gebruik van hierdie figure is doeltreffend in hulle nuwe konteks? • Dink jy die Linton-paneel moes eerder op sy oorspronklike plek gebly het? Indien wel, waarom? • Het die doel daarvan verander omdat dit verskuif is en uitgestal word?
Die leerders moet hulle navorsingsvaardighede oefen en die vermoë toon om inligting te vertolk en toe te pas. ’n Goeie balans tussen feite en ’n sterk, begronde mening moet regdeur die opstel behou word.
62
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124 |
Page 125 |
Page 126 |
Page 127 |
Page 128 |
Page 129 |
Page 130 |
Page 131 |
Page 132 |
Page 133 |
Page 134 |
Page 135 |
Page 136 |
Page 137 |
Page 138 |
Page 139 |
Page 140 |
Page 141 |
Page 142 |
Page 143 |
Page 144 |
Page 145 |
Page 146 |
Page 147 |
Page 148 |
Page 149 |
Page 150 |
Page 151 |
Page 152 |
Page 153 |
Page 154 |
Page 155 |
Page 156 |
Page 157 |
Page 158 |
Page 159 |
Page 160 |
Page 161 |
Page 162 |
Page 163 |
Page 164 |
Page 165