ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS 3. Inleiding tot Pompeii
Die “wêreld van ontwerp” in ’n geskiedkundige konteks Daar is talle webwerwe en visuele materiaal oor Pompeii beskikbaar. Onder die hulpbronne is Te Last Days Of Pompeii (Warner Bros./1935/96 minute); Te Last Days of Pompeii (1984/3–DVD-stel, ’n sewe-uur-lange TV-verwerking van Edgar Bulwer-Lytton se 1834-blitsverkoper ‘Te Last Days of Pompeii’); Pompeii: the Last Day (’n BBC-produksie) en talle dokumentêre op video en DVD.
Pompeii het ’n groot invloed op die kunste gehad. Toe nuus van die ontdekkings by Pompeii in die laaste deel van die 18de eeu Europa bereik het, het dit ’n enorme invloed op die kunste gehad, maar veral op binnenshuise ontwerp en versiering – medaljons, meubels, porselein, pleisterwerk en panele. Hier is ’n paar voorbeelde: • “Pompeii-rooi” – die helder kleur wat op die huise in die uitgegraafde stad geverf was – het teen die einde van die 18de eeu en begin van die 19de eeu uiters gewild geword.
• Silwerbakke wat by Pompeii gevind is, het ’n nuwe mode in ontwerp geword. Die toekomstige derde president van die Verenigde State, Tomas Jefferson, het silwerstukke geskep wat deur die Romeinse voorbeelde beïnvloed is.
• Die invloed van die terrein is veral duidelik in Duitsland in die 1820’s en 1830’s. Ludwig I van Beiere (regeer 1825-1848) het opdrag gegee dat ’n replika van Pompeii se Huis van Kastor en Polluks by Aschaffenburg op die Main-rivier gebou word.
• Prins Napoleon (bekend as ‘Plon–Plon’) het in 1857 ’n oordadige “Palais pompéien” geskep. Dit het die vergaderplek van die hele Parys, sowel die Hof as die Kunste geword.
• Britse argitekte onder leiding van Robert Adam (1728–1792), argitek van die koning se werk, is ook deur die styl van Pompeii bekoor. Hy het in 1775, twintig jaar nadat hy Herculaneum en Pompeii besoek het, met die ontwerp van ’n Etruriese kamer by Portman Square 20, Londen vorendag gekom. Dit is in werklikheid nooit geïnstalleer nie. James “Athener” Stuart (1713–1788), wat Pompeii in 1754 besoek het, het in 1759 ’n suiwer Pompeiise “geskilderde kamer” in Londen se Spencer House geskep en gebou. Die werk van Charles Cameron (1745-1812) by St. Petersburg vir Katharina die Grote was vol Pompeiise motiewe.
• Pompeii se lot het ’n geweldige impak op musici en skrywers gehad. Giovanni Pacini se opera Te Last Days of Pompeii – kompleet met Vesuvius wat teen die einde uitbars – was in 1827 ’n reusesukses by die La Scala in Milaan.
• Die Engelse skrywer Edward Bulwer-Lytton het sewe jaar later ’n blitsverkoper met dieselfde titel geskryf. Die Franse skrywer Madame de Stãel se Corinne (1807) bevat lang beskrywings van Pompeii. “Mense het hier lank gelewe, liefgehad, gely en toe gesterf – maar waar sal jy sy gevoelens, sy gedagtes vind?” (vertaal)
• Vesuvius self – veral tydens ’n uitbarsting – het talle kunstenaars geïnspireer. Onder dié wat dit geskilder het, was Joseph Wright van Derby (1775), JMW Turner (1817) en Samuel Palmer (1837).
Aktiwiteit 1
In hierdie aktiwiteit kan dit beter wees om eers na die gegewe prente te kyk, voordat die leerders die tabel moet voltooi. Maak die leerders attent op die inhoud van muurontwerpe, byvoorbeeld wat die mense dra (tekstielstowwe/klere en juwele ens.) en wat hulle doen (speletjie met ’n dobbelsteen by ’n houttafel speel, ens.). Die tipes ontwerp wat in die prente aangetref word, kan ook in die opsomming van die ontwerpvelde beklemtoon word om die aktiwiteit vir die leerders meer toeganklik te maak.
Visuele Kommunikasie/Inligtingsontwerp: Dit kan byvoorbeeld insluit reklameontwerp, animasie, digitale ontwerp, film en video, grafiese ontwerp, illustrasies, inligtingsontwerp, verpakkingsontwerp en toegepaste fotografie.
Oppervlakontwerp (insluitend tweedimensionele handwerkontwerp) Opsies sluit in appliek/borduurwerk, kralewerk, muurontwerp, gebrandskilderde glas, tapisserie, tekstielontwerp, weefwerk, pottebakkerswerk soos teëls, graffiti en mosaïek.
Produkontwerp (insluitend driedimensionele handwerkontwerp) Dit sluit opsies in soos mandjiewerk, kralewerk, kerfwerk/houtdraaiwerk, pottebakkery, mode-/ kostuumontwerp, industriële ontwerp, juweliersontwerp, papierwerk, poppe, draadwerk, meubels en glasblasery.
104
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124 |
Page 125 |
Page 126 |
Page 127 |
Page 128 |
Page 129 |
Page 130 |
Page 131 |
Page 132 |
Page 133 |
Page 134 |
Page 135 |
Page 136 |
Page 137 |
Page 138 |
Page 139 |
Page 140 |
Page 141 |
Page 142 |
Page 143 |
Page 144 |
Page 145 |
Page 146 |
Page 147 |
Page 148 |
Page 149 |
Page 150 |
Page 151 |
Page 152 |
Page 153 |
Page 154 |
Page 155 |
Page 156 |
Page 157 |
Page 158 |
Page 159 |
Page 160 |
Page 161 |
Page 162 |
Page 163 |
Page 164 |
Page 165