ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS
Medium Tempera
Geskiedenis Bisantynse tydperk en Middeleeue: Die hoofmedium wat vir paneelskilder en geïllumineerde manuskripte in Europa gebruik is, was tempera. Dit was ’n mengsel van verf, eier en water. Later is tempera met olieverf vervang.
Vandag staan tempera ook as plakkaatverf bekend – ’n ander vorm van gouache (geen verband met die oorspronklike resep vir tempera nie).
Beskrywing Tempera – kunstenaarsverf en verwante kunstegnieke. Produseer gladde, mat afwerking wanneer dit droog is. Dit kan nie in dik lae aangewend word soos olieverf nie. Dit het nie die diep kleurversadiging van olieverf nie. Tempera-kleure is kleurvas en verander nie mettertyd nie, terwyl olieverf donkerder en meer geel en deurskynend word namate dit verouder.
Medium Spuitkwas
Die spuitkwasinstrument
Geskiedenis 35 000 jaar gelede is die kleure en detail van sommige grottekeninge aangewend met die hol been van ’n takbok as ’n tonnel om kleurpigmente op die oppervlak te blaas. As dit as die basiese konsep beskou word, kan ons sê dat dit ’n antieke spuitkwasinstrument was. 1876: Eerste patent vir ’n spuitkwas deur Francois Edgar Stanley van Newton in Massachusetts geregistreer. – Later verbeter deur Abner Peeler, wat ’n handkompressor bygevoeg het. Hierdie spesifieke patent is spesiaal vir skilderwerk met waterverf en ander kunstoepassings ontwerp.
– Die toestel het ontstaan uit ’n kombinasie van onderdele soos skroewedraaiers en sweispype wat ’n mens in ’n juweliersateljee sou aantref.
– Na vier jaar se verfyning is ’n meer praktiese instrument deur Liberty Walkup ontwerp en bemark.
1893: Charles Burdick het die eerste moderne spuitkwas in Engeland uitgevind. Hierdie toestel het baie anders gewerk as die oorspronklike wat deur Peeler ontwerp is.
Beskrywing Vinnig-bewegende saamgeperste lug beweeg deur ’n “venturi”. Dit verminder die lugdruk, wat daartoe lei dat verf uit ’n aangehegte tenk/houer gesuig word wat aan normale atmosferiese druk blootgestel is. Verf word dus as ’n baie fyn sproei op papier of ander oppervlakke oorgedra. Hierdie toestel inkorporeer ook ’n ander deel wat die hoeveelheid verf beheer wat op die oppervlak gespuit sal word. Met hierdie snellers word ’n baie fyn spitsvormige naald beheer, wat die fynste beheer oor die verf moontlik maak en tot gladde vermenging van verskillende kleure lei. Spuitkwaswerk stel sommige kunstenaars in staat om so ’n gladde aanwending en vermenging van verf te doen dat hulle ’n skildery met fotorealistiese eienskappe produseer. Hierdie medium maak dit moontlik om twee of meer kleure geleidelik te meng.
42
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124 |
Page 125 |
Page 126 |
Page 127 |
Page 128 |
Page 129 |
Page 130 |
Page 131 |
Page 132 |
Page 133 |
Page 134 |
Page 135 |
Page 136 |
Page 137 |
Page 138 |
Page 139 |
Page 140 |
Page 141 |
Page 142 |
Page 143 |
Page 144 |
Page 145 |
Page 146 |
Page 147 |
Page 148 |
Page 149 |
Page 150 |
Page 151 |
Page 152 |
Page 153 |
Page 154 |
Page 155 |
Page 156 |
Page 157 |
Page 158 |
Page 159 |
Page 160 |
Page 161 |
Page 162 |
Page 163 |
Page 164 |
Page 165