This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS


Die eerste veilige en suksesvolle stoomkragaanleg is in 1719 opgerig. Die enjin het ’n suier en silinder gebruik. Volgens moderne standaarde was dit uiters ondoeltreffend, maar op daardie tydstip het dit groot uitbreiding in steenkoolmyne moontlik gemaak, aangesien myne baie dieper kon werk. ’n Totaal van 1 454 enjins is teen 1800 gebou.


Die ontwikkeling van masjiengereedskap het dit moontlik gemaak om al die metaaldele van enjins maklik en akkuraat te sny, en dit het dit weer moontlik gemaak om groter en sterker enjins te bou.


Chemikalieë Die grootskaalse produksie van chemikalieë was ’n belangrike ontwikkeling tydens die Industriële Revolusie. Die eerste hiervan was die produksie van swaelsuur. Vroeë gebruik van swaelsuur het ingesluit die byting (verwydering van roes) van yster en staal, en die bleik van lap.


In 1824 het Joseph Aspdin, ’n Britse messelaar wat bouer geword het, ’n chemiese proses gepatenteer om Portland-sement te maak, wat belangrike vooruitgang in die boubedryf was. Hierdie proses behels ’n mengsel van klei en kalksteen wat in ’n fyn poeier gemaal word wat dan met water, sand en gruis gemeng word om beton te lewer.


Masjiengereedskap Die Industriële Revolusie kon nie plaasgevind het sonder masjiengereedskap nie, aangesien vervaardigingsmasjiene daarmee gemaak kon word. Die oorsprong hiervan lê in die gereedskap wat horlosiemakers en wetenskaplike-instrumentmakers in die 18de eeu ontwikkel het om hulle toe te laat om klein meganismes in lotte te produseer. Die vervaardiging van tekstielmasjiene het vakmanne uit hierdie ambagte gelok en dit het tot die ontstaan van die moderne ingenieursbedryf gelei.


Masjiene is deur verskillende vakmanne gebou. Timmermanne het houtrame gemaak, en smede en draaiers het metaalonderdele gemaak. As gevolg van die probleme om metaal te manipuleer en die gebrek aan masjengereedskap, is die gebruik van metaal tot ’n minimum beperk. Houtrame se nadeel was dat die afmetings met temperatuur en humiditeit verander het, en die verskillende lasse was geneig om mettertyd los te trek. Namate die Industriële Revolusie gevorder het, het masjiene met metaalrame meer algemeen geraak, maar masjiengereedskap was nodig om dit ekonomies te vervaardig. Voor die ontwikkeling van masjiengereedskap is metaal met die hand gewerk met basiese handgereedskap soos hamers, vyle, skrapers, sae en beitels.


Gasverligting Nog ’n belangrike bedryf van die later deel van die Industriële Revolusie was gasverligting. Gasverligting het ’n impak op maatskaplike en industriële organisasie gehad omdat dit fabrieke en winkels toegelaat het om langer oop te bly as met vetkerse of olieverligting. Die bekendstelling van gasverligting het beteken dat die naglewe in stede en dorpe kon floreer, aangesien strate en geboue op groter skaal as voorheen verlig kon word.


Glasmakery ’n Nuwe metode om glas te produseer, bekend as die silinderproses, is vroeg in die 19de eeu in Europa ontwikkel. Hierdie proses is in 1832 gebruik om ruitglas te skep. Dit het die gewildste manier geword om vensterglas en spieëlglas te vervaardig. Hierdie ontwikkeling het dit moontlik gemaak om groter stukke glas ononderbroke te produseer, sodat ruimtebeplanning binnenshuis verbeter het en groter vensters in gebou gebruik kon word.


Impak op landbou Die uitvinding van masjinerie het ’n groot rol gespeel om die Britse landbourevolusie te dryf. Landbouverbetering het begin in die eeue voor die Industriële Revolusie aan die gang gekom het en kon ’n rol gespeel het om arbeid los te maak van die grond om in die nuwe industriële fabrieke van die agtiende eeu te werk. Namate die revolusie in die industriële wêreld gevorder het, het ’n reeks masjiene beskikbaar geword wat voedselproduksie met die werk van al hoe minder arbeiders verhoog het.


122


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165