ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS Aktiwiteit 3
Materiale: Ontwerp- en ander tydskriſte. Bronboek/werkboek/vel papier. Tekenmateriale (Koki’s/penne/ potlode). Skêre en Pritt.
Oefening: Leerders moet nadink oor hulle eie ontwerpstyl en die ontwerpe waarmee hulle op ’n alledaagse grondslag te make kry. Hulle moet ook goeie voorbeelde kry van ontwerpe wat sterk deur ’n Suid-Afrikaanse kultuur beïnvloed is en dit in hulle werkboeke plak. Hierdie voorbeelde moet bestudeer en met ontwerpe vergelyk word wat duidelik Europees-geïnspireerd is. Bespreek die voorbeeld van die simbool van die Kersboom en hoe Suid-Afrikaners die afgelope jare wegbeweeg het van die tradisionele Europese voorstellings daarvan.
Laat die leerders ook die voorbeelde van die gegewe antieke Griekse patroon bestudeer wat oor tyd op ’n verskeidenheid maniere en in verskillende kulture toegepas word. Hou ’n bespreking oor wat ’n patroon universeel maak.
Voorbeelde wat uiteenlopende gebruik toon: • in ’n mosaïekpatroon • die swastika (Hitler-simbool) – kyk of hulle die swastika kan herken as ’n dekoratiewe element wat geïnkorporeer is by ’n balkon wat in Chicago gevind is en in 1972 ontwerp is.
Hierdie klasbespreking moet gevolg word deur die leerders se individuele interpretasies van die voorbeelde wat hulle gevind en bestudeer het. ’n Skriſtelike interpretasie kan in hulle werkboeke gedoen word en ’n paar daarvan kan vir verdere bespreking aan die klas voorgelê word.
Ons ontwerpe word beïnvloed deur die plekke waar ons woon en die ervarings wat ons het. Nie al ons ontwerpidees word beïnvloed deur die feit dat ons in Suid-Afrika woon nie. Die leerders moet hiervan bewus wees sodat hulle sekere ontwerpinvloede bewustelik kan in- of uitsluit wanneer hulle hulle eie ontwerpe skep.
Voorbeelde wat gebruik kan word om idees te ontwikkel en by klasbesprekings ingesluit kan word: • bewusmakingsveldtogte soos Design Indaba vir die bewustheid en bevordering van ware Suid-Afrikaanse ontwerpe
• Robbeneiland se korporatiewe identiteit/handelsmerkgewing en die Trots Suid-Afrikaans-veldtog (skep trots op en bewustheid van Suid-Afrikaanse produkte teenoor Amerikaanse/Europese produkte).
Aktiwiteit 4
Materiale: Visuele voorbeelde van vorige en huidige Suid-Afrikaanse geld wat in leerders se boeke verskaf word. Bronboek/werkboek/vel papier.
Oefening: Bespreek Suid-Afrikaanse geld in die verlede en hede. Vergelyk die simbole van ’n paar munte en note van voor 1994 met ons huidige geld. Wat word deur die gebruik van simbole en die ontwerp oorgedra? Verwys voortdurend na spesifieke voorbeelde en die gebruik van simboliek op elke noot of muntstuk. Soek ander ontwerpe waar die simbole wat op munte en note gebruik word, ook geïnkorporeer word en waar dit gebruik kan word om ’n heeltemal ander betekenis oor te dra as dié wat deur middel van die geld oorgedra word.
Suid-Afrika se geld het verander om maatskaplike en politieke veranderinge in die land te weerspieël. Die betekenis van simbole kan verander word deur die manier waarop ons dit toepas. Die impak van simbole wat gebruik word op/in artikels waarmee ons daagliks werk, het dikwels ’n groter effek op ons as wat ons dink. Leerders moet besef dat verskillende waardestelsels en tradisies die ontwikkeling van Afrika-, Suid-Afrikaanse en ander ontwerpe in die verlede en hede beïnvloed het.
Voorbeelde wat gebruik kan word om idees te ontwikkel en by klasbesprekings ingesluit kan word: • ontwerp en publisiteit ten opsigte van die nuwe volkslied en Suid-Afrikaanse vlag om bewustheid en nasionale trots te skep en die nuwe demokrasie te weerspieël.
64
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124 |
Page 125 |
Page 126 |
Page 127 |
Page 128 |
Page 129 |
Page 130 |
Page 131 |
Page 132 |
Page 133 |
Page 134 |
Page 135 |
Page 136 |
Page 137 |
Page 138 |
Page 139 |
Page 140 |
Page 141 |
Page 142 |
Page 143 |
Page 144 |
Page 145 |
Page 146 |
Page 147 |
Page 148 |
Page 149 |
Page 150 |
Page 151 |
Page 152 |
Page 153 |
Page 154 |
Page 155 |
Page 156 |
Page 157 |
Page 158 |
Page 159 |
Page 160 |
Page 161 |
Page 162 |
Page 163 |
Page 164 |
Page 165