ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS 3. Nuttige inligting: die Industriële Revolusie
Die oorsake van die Industriële Revolusie was ingewikkeld en bly ’n onderwerp vir bespreking, met sommige geskiedkundiges wat van mening is dat die revolusie ’n verlengstuk van maatskaplike en institusionele veranderinge is wat deur die einde van feodalisme in Brittanje na die Engelse Burgeroorlog in die 17de eeu plaasgevind het. Namate nasionale grensbeheer doeltreffender geword het, is die verspreiding van siektes verminder, en die epidemies wat voorheen algemeen voorgekom het, is voorkom. Die persentasie kinders wat verby hulle babajare oorleef het, het beduidend toegeneem en dit het tot ’n groter arbeidsmag gelei. Die Britse landbourevolusie het voedselproduksie doeltreffender en minder arbeidsintensief gemaak, wat die surplusbevolking wat nie meer in die landboubedryf werk kon kry nie, in huisbedrywe soos weefwerk ingedwing het, en oor die langer termyn het hulle na stede en die nuut ontwikkelde fabrieke geskuif. Die koloniale uitbreiding van die 17de eeu met die meegaande ontwikkeling van internasionale handel, die skep van finansiële markte en die akkumulasie van kapitaal word ook as faktore gemeld, en so ook die wetenskaplike revolusie van die 17de eeu.
Tegnologiese innovering was die kern van die Industriële Revolusie, en die vernaamste bemagtigende tegnologie was die uitvinding en verbetering van die stoomenjin. Die effek van patente, goed en swak, op die ontwikkeling van industrialisering word duidelik geïllustreer in die geskiedenis van die stoomenjin – die belangrikste bemagtigende tegnologie. Die aanwesigheid van ’n groot binnelandse mark moet ook as ’n belangrike dryfveer van die Industriële Revolusie beskou word, veral ter verklaring van waarom dit in Brittanje plaasgevind het. In ander lande soos Frankryk is markte verdeel deur plaaslike streke, wat dikwels tolgeld en tariewe gehef het op goedere wat onderling verhandel is.
Innoverings Die begin van die Industriële Revolusie word nou verbind met ’n klein getal innoverings wat in die tweede helſte van die 18de eeu voorgekom het. • Tekstielstowwe – Die spin van katoen met Richard Arkwright se waterraam, James Hargreaves se Spinning Jenny, en Samuel Crompton se Spinning Mule (’n kombinasie van die Spinning Jenny en die waterraam). Dit is in 1769 gepatenteer en die patent het in 1783 verval. Die einde van die patentreg is vinnig deur die oprigting van talle katoenfabrieke gevolg.
• Stoomkrag – Die verbeterde stoomenjin wat deur James Watt uitgevind is, is aanvanklik hoofsaaklik gebruik om water uit myne te pomp, maar sedert die 1780’s is dit op kragmasjiene toegepas. Dit het die vinnige ontwikkeling van doeltreffende semi-geoutomatiseerde fabrieke op ’n voorheen ongekende skaal moontlik gemaak op plekke waar waterkrag nie beskikbaar was nie.
• Giet van yster – In die ysterbedryf het kooks (brandstof) houtskool uiteindelik in alle stadiums van ystersmelting vervang.
Dit verteenwoordig die drie voorste sektore waar daar belangrike innovering plaasgevind het en wat die ekonomiese ontploffing moontlik gemaak het aan die hand waarvan die Industriële Revolusie gewoonlik gedefinieer word. Ander uitvindings, veral in die tekstielbedryf, word egter nie geïgnoreer nie. Latere uitvindings soos die kraggedrewe weeſtoestel en Richard Trevithick se hoëdruk-stoomenjin was ook belangrik in die toenemende industrialisering van Brittanje. Die gebruik van stoomenjins om krag aan katoenfabrieke en ysterfabrieke te verskaf, het dit moontlik gemaak om hierdie fabrieke te bou op plekke wat die gerieflikste was omdat ander hulpbronne beskikbaar was, eerder as omdat daar water was om krag aan die fabriek te verskaf.
In die tekstielbedryf het hierdie fabrieke die model vir die organisasie van menslike arbeid in fabrieke geword. Die monteerbandstelsel het doeltreffendheid baie verbeter – in hierdie sowel as ander bedrywe. Met ’n groep mans wat opgelei is om ’n enkele taak op ’n produk te verrig, en dit dan na die volgende persoon toe aan te skuif, het die getal afgewerkte goedere ook beduidend toegeneem.
Die herontdekking van beton in 1756 was ook belangrik.
120
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124 |
Page 125 |
Page 126 |
Page 127 |
Page 128 |
Page 129 |
Page 130 |
Page 131 |
Page 132 |
Page 133 |
Page 134 |
Page 135 |
Page 136 |
Page 137 |
Page 138 |
Page 139 |
Page 140 |
Page 141 |
Page 142 |
Page 143 |
Page 144 |
Page 145 |
Page 146 |
Page 147 |
Page 148 |
Page 149 |
Page 150 |
Page 151 |
Page 152 |
Page 153 |
Page 154 |
Page 155 |
Page 156 |
Page 157 |
Page 158 |
Page 159 |
Page 160 |
Page 161 |
Page 162 |
Page 163 |
Page 164 |
Page 165