This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS


Aktiwiteit 15 ’n Alternatiewe manier om hierdie aktiwiteit te doen is om die leerders hulle eie kleurwiel te laat beplan, meet, teken en verf.


Dit is ook ’n geleentheid om hulle presisievaardighede en tegniese vaardighede te ontwikkel deur hulle die kleurwiel met gouache-verf te laat kopieer.


Dit gee aan elke leerder die geleentheid om hulle eie kleurwiel te skep wat hulle by hulle kan hou – ’n instrument wat nuttig is wanneer hulle ander projekte doen.


Laat die leerders die kleurwiel met ses gelyke segmente beplan, meet en teken. Gebruik eers ’n potlood om die buitelyne van hierdie vorms te teken (gebruik ’n ligte potlood soos ’n 2H of HB). Die potloodlyne moenie prominent wees nie. Laat slegs die geverfde segmente op die ou einde wys.


Daag die leerders uit om hulle eie manier te kry om die reguit lyne van die segmente te verf. ’n Netjiese resultaat sal ’n uiters belangrike kriterium wees. Die gebruik van maskeerband langs die buitelyne kan ’n goeie opsie wees. Dit sal die gedeelte buite die segmente toemaak sodat hulle dit nie verf nie. As maskeerband gebruik word, is dit noodsaaklik dat jy die leerders moet leer hoe om dit te gebruik. Hulle kan die maskeerband net liggies plak sodat die oppervlak nie skeur wanneer hulle die band verwyder nie. Wys hulle ook hoe om die band te verwyder. Trek die band so plat teen die oppervlak as moontlik, in een rigting in plaas van opwaarts. Dit verminder die kans dat die papier skeur. Moenie enige ander band as maskeerband op papier gebruik nie. Raai die leerders ook aan om die gedeelte wat hulle wil verf van die bokant van die maskeerband af na binne te verf, en nie van binne af na die rand van die maskeerband toe nie. As hulle na die maskeerband toe verf, kan die verf maklik onder die band beland.


Hulle moet probeer om elke kleur met so min sigbare kwashale as moontlik aan te wend en ’n gladde oppervlak te skep.


Laastens kan die leerders die kleurwiel in hulle werkboek, lêer of plastiekhouer plaas, of hulle kan dit lamineer om dit skoon te hou en te beskerm.


4. Tekenmateriaal


Aktiwiteit 16 Ondersoek ’n verskeidenheid tekenmateriale. Eienskappe en ’n kort geskiedenis van elkeen


Daar word voorgestel dat die leerders die volgende oefening ter voorbereiding van stap 2 van hierdie aktiwiteit doen.


Stap 1: In hierdie aktiwiteit word die leerders aangemoedig om ’n verskeidenheid tekenmedia te ontdek en ondersoek. In die regterkantste kolom moet hulle die eienskap van elke medium aan die linkerkant aandui (kies die media wat by julle instelling beskikbaar is). Jy kan dit ook as ’n klastoets gebruik om die leerders se kennis van die verskillende tekenmateriale te evalueer.


28


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165