ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS 1. Nuttige bykomende inligting: Griekse ontwerp
Die antieke Grieke (hoofsaaklik Atheners) was unieke mense. Hulle het geglo dat individue vry moet wees solank hulle binne die wette van Griekeland optree. Dit het hulle die geleentheid gegee om in die rigting van hulle keuse te presteer. Die Grieke het individualiteit as die basis van hulle samelewing beskou. Die vermoë om na uitnemendheid te streef, ongeag die uitdagings, was iets wat die Atheners hoog geag het. Hierdie strewe na uitnemendheid was die metode waarmee hulle sulke verstommende prestasies behaal het. Hierdie prestasies verstom ons steeds vandag. Hulle het ook geglo dat die liggaam en die gees in balans moet wees. Alhoewel talle van hulle daarna gestreef het om soldate en atlete te word, het ander hulle hand aan filosofie, drama, pottebakkerswerk en die kunste gewaag. Die twee belangrikste beginsels wat die Grieke nagestreef het, is as inskripsie op die groot Delphi-heiligdom gevind. Dit het gelui: “Geen oordaad nie” en “Ken jouself”. Hierdie filosofie het ’n groot invloed op die Griekse beskawing gehad.
Athene was die intellektuele sentrum van Griekeland. Dit was een van die eerste stadstate van daardie tyd, en word vandag steeds as een van die beroemdste stede ter wêreld beskou. Dit is vernoem na Athena, die godin van wysheid, en die stad se beskermer. Athene het in 508 v.C. een van die eerste samelewings in die antieke tyd geword wat ’n demokrasie tot stand gebring het. Demokrasie is afgelei van die Griekse woord demos, wat mense beteken, en kratein wat beteken om te heers. Hierdie regeringsvorm is beoefen by ’n vergaderplek wat die Grieke die Volksvergadering genoem het. Die burgers van Athene het maandeliks hier bymekaargekom en die sake van die land bespreek. Geen besluite is deur die regering geneem sonder om eers die Volksvergadering te raadpleeg nie.
Die kunste van antieke Griekeland het ’n geweldige invloed op die kultuur van talle lande gehad, veral op die gebied van beeldhoukuns en argitektuur. Die kunste van die Romeinse Ryk in die Weste is grootliks op grond van Griekse modelle ontwikkel. Na die Renaissance in Europa het die humanistiese estetika en die hoë tegniese standaard van die Griekse kuns geslagte van Europese kunstenaars geïnspireer. Die klassieke tradisie wat aan die Grieke ontleen is, het tot laat in die 19de eeu die kuns van die Westerse wêreld oorheers.
Die kuns van die antieke Grieke word gewoonlik stilisties in vier tydperke verdeel: die Geometriese, Argaïese, Klassieke en Hellenistiese tydperke. Soos hierbo genoem, dateer die Geometriese tydperk gewoonlik van ongeveer 1000 v.C., hoewel daar in werklikheid min bekend is oor die kuns in Griekeland in die voorafgaande 200 jaar (tradisioneel as die Donker Eeue bekend). In die tydperk van die 7de eeu v.C. was daar ’n stadige ontwikkeling van die Argaïese styl, soos in die swartfiguur-styl van die vaasskilderwerk gesien kan word. Die aanvang van die Persiese oorloë (480 v.C. tot 448 v.C.) word gewoonlik beskou as die skeidslyn tussen die Argaïstiese en die Klassieke tydperke, en die heerskappy van Alexander die Grote (336 v.C. tot 323 v.C.) word beskou as die skeiding tussen die Klassieke en die Hellenistiese tydperke.
In werklikheid was daar geen skielike oorgang van een tydperk na ’n ander nie. Kunsvorms het in verskillende dele van die Griekse wêreld teen verskillende tempo’s ontwikkel en in elke tydperk het sommige kunstenaars meer innoverende style as ander gebruik. Sterk plaaslike tradisies wat baie konserwatief was en die vereistes van die plaaslike kultusse het geskiedkundiges in staat gestel om die oorsprong vas te stel van selfs kunswerke wat op ander plekke gevind is.
Die antieke Grieke het potte vir alledaagse gebruik gemaak, nie om uit te stal nie. Die trofeë soos die Panathenaic Amphorae (wynflesse) wat gemaak is as ’n prys by spele, is die uitsondering. Die meeste oorblywende pottebakkerswerk bestaan uit drinkflesse, soos amphorae, kraters (bakke om wyn en water te meng), hydria (waterflesse), libation-bakke, -bekers en -koppies. Geverfde begrafnis-urns is ook gevind. Miniature is ook in groot getalle geproduseer, hoofsaaklik vir gebruik as offers by tempels. In die Hellenistiese tydperk is ’n wyer reeks pottebakkerswerk geproduseer, maar die meeste daarvan se kunswaarde is min.
Teen die einde van die Geometriese fase, met die aanbreek van die Oosterse fase, is die abstrakte geometriese patrone van die vaasverfwerk deur meer geronde, realistiese oosterse motiewe soos die lotus, palmet, leeu en sfinks vervang. Daar is meer ornamente geproduseer en het ingewikkelder versierings gehad.
95
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124 |
Page 125 |
Page 126 |
Page 127 |
Page 128 |
Page 129 |
Page 130 |
Page 131 |
Page 132 |
Page 133 |
Page 134 |
Page 135 |
Page 136 |
Page 137 |
Page 138 |
Page 139 |
Page 140 |
Page 141 |
Page 142 |
Page 143 |
Page 144 |
Page 145 |
Page 146 |
Page 147 |
Page 148 |
Page 149 |
Page 150 |
Page 151 |
Page 152 |
Page 153 |
Page 154 |
Page 155 |
Page 156 |
Page 157 |
Page 158 |
Page 159 |
Page 160 |
Page 161 |
Page 162 |
Page 163 |
Page 164 |
Page 165