This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS


Skakering van kleur: donkerder waarde van dieselfde kleur; kleur + swart Skakering: verwys na ’n kleur of ’n skakering van ’n kleur Skedule: ’n tydlyn waarbinne ’n sekere hoeveelheid werk en take verrig moet word Skepper/uitvinder: eerste persoon om iets spesifieks te maak of uit te dink Sleutelitems: mees deurslaggewende items wat jy die seisoen nodig het Sosiale kwessies: verwys na bv. HIV/VIGS, water, elektrisiteit en behuisingstekorte, misdaad, ens. wat ’n daaglikse impak op die sosiale strukture van gemeenskappe het Spasie: 3-dimensionele area; verwys na afstand, area en volume van die spasie; totale area word deur ontwerp beïnvloed; vorm word gedefinieer volgens die spasie wat rondom, onder, binne-in, vooraan en agter die vorm voorkom Gespesifiseerde plek: om ’n werk te ontwerp vir ’n spesifieke spasie/lokaal/area Spontaan: die impulsiewe uitvoer van ’n aksie sonder die beplanning daarvan; spontane lyn suggereer ’n vars kwaliteit of energie en vrye-vloeibaarheid; dit gebeur natuurlik en sonder beplanning Standhoudend: iets wat lank reeds bestaan, of wat lank of vir ’n skynbaar onbepaalde tydsduur bly voortbestaan Staties: kan nie beweeg nie; staan stil Statiese beweging: wanneer die oog wisselvallig van een ontwerpelement na ’n ander spring, verkry deur kontrasterende kleure, vorms, lyne, en teksture langs mekaar te plaas Statiese vorm: ’n vorm wat glad nie beweeg nie; het nie die kwaliteit om ’n illusie van beweging te skep nie Stedelike ontwerp: die ontwerp en uitleg van stede en dorpe Stilering: ’n vereenvoudigde voorstelling van iets; ’n gestileerde prent bevat gewoonlik baie min visuele informasie en het ’n tekort aan diepte en gedetailleerde lyne Storiebord: in die geval van ’n televisie-advertensie stel die storiebord die verskillende gedeeltes en detail van die advertensie van die begin tot die einde voor; voorlegging of konsep-idee geprojekteer deur visuele en of geskrewe teks; ’n versameling visuele teksture, kleure, ens. wat byvoorbeeld ’n enkele tema, styl of stemming vir ’n binnehuise area kan skep


Storielyn: die logiese verloop van ’n storie geprojekteer deur visuele beelde en of teks Strategiese beplanner: iemand wat versigtig alle kwessies in ag kan neem en beplanning kan doen om ’n spesifieke uitkoms te verseker Strukturele ontwerp: vereenvoudiging van ’n objek om die kwaliteit van die ontwerp te beklemtoon Styl: algemene voorkoms, vorm, tegniek van ontwerp/produk Subkontrakteer: om ’n ander mens/mense in diens te neem om ’n spesifike deel van ’n taak te verrig


T


Tapisserie: ’n vorm van tekstielontwerp; word per hand op ’n vertikale weeftou geweef; al die lengtedrade word verberg in die ingewikkelde werk (geen drade is sigbaar aan die agterkant van die tapyt nie) Tasbaar: die sintuig en ervaring van aanraking; kan werklik of visueel wees Tattoo: ’n tattoo is ’n permanente merk wat op die vel gemaak word deur die inlas van ink bo-op die vel se lae Teater en stelontwerp: die ontwerp van stelle vir die gebruik in teaterproduksies of die ontwerp van ’n stel en toneelrekwisiete om ’n omgewing of agtergrond vir ’n tentoonstelling te skep (winkel/venstertentoonstelling om die eienskappe en die omgewing vir die advertering van ’n produk of diens te verhoog); ontwerp van ’n stel en toneelrekwisiete om ’n gewenste agtergrond of omgewing te skep vir ’n modefotosessie; stelle word ontwerp vir film- en televisieproduksies Tegniese tekeninge: akkurate planne; tekeninge of voorstellings van voorwerpe; hou by die tegniese behoeftes in meestal die argitektoniese-, ingenieurs-, binnehuise- en industriële ontwerpomgewings Teikenmark: die mark (spesifieke groep mense) wat jy van voornemens is om aan te verkoop; die mark wat jy wil teiken; ’n groep mense wat spesifieke en soortgelyke behoeftes projekteer Tekstielontwerp: bekendstelling van patroon; tekstiel en beelde op bv. matte, klerasie, materiaal en tapisserie deur die aanwending van ’n verskeidenheid tegnieke soos handverf, borduurwerk, skermdruk, ens. Teksturele veld: ’n wye area wat ’n eenvormige tekstuur het Tekstuur: visuele (tekstuureienskappe waargeneem deur sig) of tasbare (tekstuureienskappe waargeneem deur aanraking) oppervlak; in ontwerp kan tekstuur geskep word met ’n patroon. Die tekstuur van wol sou anders lyk en voel as die tekstuur van fluweel


155


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165