This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS


Inleiding tot die elemente van ontwerp Hierdie studie moet parallel loop met praktiese projekte.


Stel ontwerpelemente bekend (jou bestanddele) – verken en bespreek ’n verskeidenheid van die volgende en hoe die verskeidenheid en manipulasie van elemente die voorkoms en gevoel, styl of konsep kan verskuif: • Lyn/stippel • Twee- en driedimensionele vorm • Tekstuur • Kleur • Tonale waarde


Sonder hierdie elemente is ’n ontwerp niks meer as ’n skoon bladsy nie. Die ontwerpproses is hoe jy besluit om die elemente hierbo te struktureer, maak, skep en kombineer. Dit sal die vlak van sukses bepaal.


Voordat die leerders dit egter kan bereik, moet hulle alle moontlikhede verstaan en verken in terme van hoe elkeen van hierdie elemente gebruik en gemanipuleer kan word sodat die elemente uiteindelik hulle idee/ begrip visueel kommunikeer.


Praktiese oefeninge: Op Graad 10-vlak moet die ontwerponderwyser eenvoudige oefeninge/projekte gee om juis dit te doen. Omdat jy waarskynlik leerders op verskillende vlakke van bevoegdheid sal hê, is dit noodsaaklik om daardie oefeninge so eenvoudig as moontlik te hou. Stel een element op ’n keer bekend sodat die leerders met vertroue gefokus kan bly en verwarring vermy. Die volgorde waarin hierdie elemente deur die onderwyser bekend gestel word, moet versigtig oorweeg en gestruktureer word sodat die volgorde van projekte ’n geleidelike en logiese groei in bevoegdheid en leer toon.


’n Kort opsomming van aktiwiteite wat volg Aktiwiteit 10–16 sluit ’n verskeidenheid voorbeelde en formate in om die elemente van ontwerp bekend te stel en toe te pas. Hierdie aktiwiteite sal die leerders se vaardighede, kennis en waardes ontwikkel, maar terselfdertyd brei hulle hulle begrip van ontwerp en hulle kommunikasievaardighede (visueel en verbaal, asook hulle opstelskryf- en geletterdheidsvaardighede) uit. Hulle verken ’n verskeidenheid materiale, tekenvaardighede en tegnieke en ontwikkel hulle konseptuele en probleemoplossingsvaardighede, werksetiek en tydsbestuurvaardighede. Die aktiwiteite maak ook vir die ontwikkeling van presisievaardighede voorsiening.


Aktiwiteit 10 + 11: stel die gebruik van lyn, identifikasie en eienskappe, beskrywing en rol van ’n verskeidenheid lyne bekend.


Aktiwiteit 12: verken strukture, ontwikkel teken- en waarnemingsvaardighede, gebruik ’n verskeidenheid materiale en tegnieke.


Aktiwiteit 13: identifiseer en kommunikeer verbaal die eienskappe van verskillende teksture, ontwikkel visuele geletterdheid en kommunikasie- en konseptuele vaardighede. Let asseblief daarop dat hierdie aktiwiteit ook die vorm van ’n opstel kan aanneem.


Aktiwiteit 14: veelkeuse vrae, identifisering van die verskillende eienskappe wat met al die elemente van ontwerp verband hou. Hierdie aktiwiteit maak dit moontlik om drie vlakke van kognitiewe vermoëns te evalueer. Dit onderwyser kan ook hierdie vlakke aanpas deur van die woorde op die rooster in te vul voordat dit aan die leerders gegee word om te voltooi. Dit sal die onderwyser toelaat om die moeilikheidsgraad vir verskillende leerders en klasse aan te pas. (Memorandum verskaf)


Aktiwiteit 15: evalueer hulle kennis van die kleurwiel en relevante terminologie.


Aktiwiteit 16: evalueer hulle begrip en toepassing van die elemente en beginsels van ontwerp. Ook ’n goeie oefening om hulle konseptuele vaardighede te ontwikkel en die gebruik van ’n verskeidenheid tekenmateriale en -tegnieke te verken. Dit sal ook ’n uitdaging vir hulle verbeelding wees.


26


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165