This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS


Stap 2: Hierdie is ’n goeie praktiese oefening om die leerders se begrip, vaardighede en kennis van die elemente en beginsels van ontwerp te toets. Dit sal egter ook hulle konseptuele en tekenvaardighede ontwikkel. Dit is ook ’n projek wat die gebruik van verskillende tekenmateriale bekend stel en sal die leerders die gebruik van ’n verskeidenheid tekenmateriale soos potlode (stel ’n reeks potlode, HB, 2B, 4B en 6B, bekend), houtskool, pen, ink (swart viltpen of bolpuntpen) laat ervaar.


* Let asseblief daarop dat die lys woorde wat in die handboek verskaf word, doelbewus abstrak is. Dit is ’n baie goeie voorbeeld van hoe ’n potensiële kliënt die gevoel of klank van hulle produk kan beskryf. Dit is dus noodsaaklik dat die leerders vertroue moet kry met die vertolking van sulke willekeurige en abstrakte woorde en te leer hoe om elkeen deur middel van die gebruik van toon, lyn en tekstuur visueel te vertolk. Hierdie aktiwiteit is ’n ander manier om die leerders te help om hulle visuele geletterdheids- en konseptuele vaardighede te ontwikkel. Die leerders word gevra om hulle persoonlike interpretasie van hierdie woorde uit te druk. Daar is geen reg of verkeerd nie, maar dit is noodsaaklik dat tyd vir portuurassessering gegee word sodat elke leerder kan evalueer hoe ’n ander een hulle vaardighede en materiale gebruik het om visueel te kommunikeer. Dit sal ook vir hulle belangrik wees om te verstaan wanneer en waarom sommige pogings nie slaag nie. Laat die leerders hulle eie menings en voorstelle gee.


Jy word aangeraai om regdeur die leerders se studies met ander of nuwe woorde met hierdie tipe aktiwiteit voort te gaan. Dit kan ook gebruik word as ’n klein praktiese toets vir die deurlopende assessering van die ontwikkeling van die leerders se tekenvaardighede, visuele geletterdheid, probleemoplossings- en tegniese vaardighede, kennis en toepassing van materiale, konseptuele vaardighede en toepassing van elemente en beginsels van ontwerp.


Dit is raadsaam om nie op hierdie stadium kleur bekend te stel nie. Laat hulle eerder daarop fokus om hulle begrip van die elemente, beginsels en verskeidenheid van tekenmateriale te ontwikkel deur slegs swart en wit te gebruik.


Kriteria vir hierdie aktiwiteit: Kleur: Swart en wit Medium: Kan eers in potlood en dan in ink wees. Beperkinge: Geen rekenaardrukstukke nie. Word slegs met die hand gedoen.


Jy kan die volgende twee tabelle as bykomende riglyne/kontrolelyste gebruik voordat die finale assessering soos in die Onderwysersgids aangeteken is, gedoen word.


VLAKKE


Tegniese vermoëns


1


Kan nie geselekteerde tegnieke en materiale beheer om die elemente van kuns en beginsels van ontwerp in2D of 3D prakties toe te pas nie.


2


Min vermoë om geselekteerde tegnieke en materiale te bestuur om die elemente van kuns en beginsels van ontwerp in 2D of 3D prakties toe te pas.


3


Demonstreer laer as gemiddelde vermoë om geselekteerde tegnieke en materiale te bestuur om die elemente van kuns en beginsels van ontwerp in 2D of 3D prakties toe te pas.


4


Demonstreer gemiddelde vermoë om geselekteerde tegnieke en materiale te bestuur om die elemente van kuns en beginsels van ontwerp in 2D of 3D prakties toe te pas.


5


Demonstreer goeie vermoë om geselekteerde tegnieke en materiale te bestuur om die elemente van kuns en beginsels van ontwerp in 2D of 3D prakties toe te pas.


6


Demonstreer baie goeie vermoë om geselekteerde tegnieke en materiale te bestuur om die elemente van kuns en beginsels van ontwerp in 2D of 3D prakties toe te pas.


7


Bestuur geselekteerde tegnieke en materiale doeltreffend om die elemente van kuns en beginsels van ontwerp in 2D of 3D prakties toe te pas.


29


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165