This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS


Beeldjies Terracotta-beeldjies


Klokbeeldjie 7de eeu v.C., Louvre


Dankoffer- of afgodsbeeldjies is dikwels uit klei gemaak – lank voor die Minoïese beskawing tot met die Hellenistiese tydperk en daarna. Gedurende die 8ste eeu v.C. is in Beosië vervaardigde “klokbeeldjies” – vroulike beeldjies met beweegbare bene – gekry. Die kop wat klein is in verhouding met die res van die liggaam, is boaan ’n lang nek, terwyl die liggaam baie vol en in die vorm van ’n klokkie is. Aan die begin van die 8ste eeu v.C. is honderde en selfs duisende van hierdie klein, elementêr-gevormde beeldjies in graſte van helde geplaas. Hulle is oor die algemeen gemaak om karakters voor te stel met die arms na bo gelig soos vir gode wat verheerlik word.


Die terracotta-beeldjies het in later tydperke hulle godsdienstige aard verloor en van toe af karakters uit die alledaagse lewe voorgestel.


Argitektuur Die Grieke wat bewus was van die Egiptiese kliptempels, en het in die 7de eeu begin om hulle eie kliptempels met ’n kenmerkende styl te bou. Hulle het in Italië en Sisilië kalksteen gebruik, marmer in die Griekse eilande en Klein-Asië, en kalksteen met marmer bedek op die Griekse vasteland. Hulle het later hoofsaaklik marmer gebruik. Die tempels was reghoekig en op ’n lae terras met trappe, ingesluit in ’n ruimte waar die rituele uitgevoer is. Klein tempels het ’n voorportaal met twee suile gehad, soms met ’n suilegang daarvoor. Groter tempels met voor- en agterportale kon voor elke portaal ’n suilegang met ses suile gehad het of heeltemal omring gewees het deur ’n kolonnade. Die kolonnade het ’n entablement of latei onder die geteëlde geweldak regop gehou.


Argitektuur (bouwerk wat op ’n esteties-oorweegde ontwerp gebou word) in Griekeland het aan die einde van die Miceense tydperk tot stilstand gekom tot met die 7de eeu, toe stedelike lewe en welvaart só herstel het dat openbare bouwerk onderneem kon word. Aangesien die meeste Griekse geboue in die Argaïese en vroeg-Klassieke tydperke egter van hout en modderstene gebou is, het niks daarvan oorgebly behalwe ’n paar grondplanne nie, en daar is amper geen geskrewe bronne oor vroeë argitektuur of beskrywings van geboue nie. Die meeste van ons kennis van Griekse argitektuur kom van die paar oorblywende geboue uit die Klassieke, Hellenistiese en Romeinse tydperke (aangesien Romeinse argitektuur altyd sterk op die Griekse gesteun het), en van latere geskrewe bronne soos Vitruvius (eerste eeu n.C.) Dit beteken dat tempels gesien word as voorbeelde van die argitektuur – die enigste geboue waarvan daar enigsins iets oor is.


Die standaardformaat van Griekse openbare geboue is welbekend uit oorblywende voorbeelde soos die Parthenon, en veral van Romeinse geboue wat gedeeltelik op die Griekse model gebou is, soos die Pantheon in Rome. Die gebou was gewoonlik óf ’n kubus óf ’n reghoek wat gebou is uit kalksteen, wat volop in Griekeland voorkom, en wat in groot blokke uitgekap is. Marmer was ’n duur boumateriaal in Griekeland: marmer van ’n hoë gehalte het slegs van Berg Penteli in Attika gekom en van ’n paar eilande soos Paros, en om dit in groot blokke te vervoer, was moeilik. Dit is hoofsaaklik vir versierde beeldhouwerk gebruik, nie vir struktuur nie, behalwe in die heel deſtigste geboue van die Klassieke tydperk, soos die Parthenon.


97


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165