This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS


Muurskilderye word dikwels in Pausanias beskryf, en dit wil voorkom of talle daarvan in die Klassieke en Hellenistiese tydperke geproduseer is. Aangesien min van die argitektuur volledig behoue gebly het, het nie veel hiervan bewaar gebly nie. Die belangrikste voorbeelde is ’n enorme Argaïese toneel uit die 7de eeu v.C. in die binnekant van ’n tempel by Kalapodi (naby Tebes). Dit beeld ’n gevegstoneel van hopliete uit. Daar is ook die oordadige fresko’s uit die 4de eeu – die “graf van Phillip” en die “Graf van Persefone” – by Vergina in Masedonië, wat na bewering nou verbind is aan die hoëgehalte paneelskilderye hierbo genoem.


Griekse muurskilderytradisie word ook in eietydse grafversierings in die Griekse kolonies in Italië gesien, byvoorbeeld die beroemde Graf van die Duiker by Paestum. Sommige geleerdes beweer dat die gevierde Romeinse fresko’s op plekke soos Pompeii direk uit die Griekse tradisie kom, en dat sommige van hulle beroemde paneelskilderye naboots.


Stelontwerp Die Griekse opelug-teater was eers ’n sirkelvormige, plat orkesput wat in ’n laagte tussen twee heuwels geleë was. In 465 v.C. is ’n klein houthut wat ’n skene (vandaar “scene”/toneel) genoem is agter die speelarea opgerig, en die toneelspelers kon hulle kostuums daar ruil. Toe klipstrukture opgerig is, is die sitplekarea kleiner gemaak om ’n halfsirkel te vorm en die skene het ’n tweeverdiepinggebou geword met drie deure voor en ’n ingang aan elke kant. Dit het dus ook as die toneelagtergrond van die toneelstuk gedien. Die vloer voor die skene is gelig met trappe wat na die orkes lei waar die koor gesit het. Hierdie nou speelvlak is die proskenion genoem (vandaar die woord proscenium).


Daar word gemeen dat Sofokles die eerste was om tonele te laat skilder. Apparaat soos die periaktoi (draaiende prismas met tonele daarop geskilder), eccyclema (waens vir tablo’s) en mechane (vliegmasjiene) is ook gebruik. Griekse toneelstukke is in die daglig opgevoer en die dramas is dikwels ontwerp om voordeel te trek uit die posisie van die son. Plekke vir teaters was ook goed geplaas om die beste effek van natuurlike lig te verkry.


Juweelontwerp Talle van die kunsvaardighede wat die antieke Grieke of Mycenae besit het, is waarskynlik oorgeërf van kunstenaars van die Minoïese beskawing, wat die Miceners voorafgegaan het. Die Minoërs het op die eilande Kreta en Tera (Santorini) gewoon, en vanaf 2700 v.C. tot 1600 v.C. (vroeë Bronstydperk) in Anatolië, toe hulle kultuur skielik beëindig is – moontlik deur die vernietigende vulkaniese uitbarsting van Tera se Stroggil-vulkaan in die 1620’s v.C., en die daaropvolgende aardbewings en tsoenami’s. Argeoloë het in die ruïnes van Minoïese stede brons- en kopergietblokke gekry as bewys van gevorderde smelttegnieke.


In die 2de eeu v.C. was Micene een van die hoofsentrums van die Griekse beskawing. Die rykdom en mag van Micene is goed gedokumenteer in Homerus se Iliad, waar koning Agamemnon ’n Griekse leër teen Troje gelei het. Die soliede goue begrafnismasker wat as die “masker van Agamemnon” bekend staan, is in 1876 deur die Duitse skattejagter Heinrich Schliemann by Micene gevind.


Griekse juwele uit die vroeë Miceense tydperk bestaan uit krale wat soos skulpe en diere gevorm is. Die Grieke het in ongeveer 1400 v.C. (laat-Bronstydperk) begin om goud en edelstene in hulle juwele te gebruik. Teen 300 v.C. het hulle die kuns bemeester om gekleurde edelstene soos die ametis, pêrels en smaragde in hulle juwele te gebruik en ingewikkelde patrone in die edelstene gekerf en gegraveer. Ivoorkerfwerk wat deur die Minoërs gewild gemaak is, was ook ’n gewilde motief van daardie tydperk.


Die Grieke was die eerste mense om kamees te gebruik en het hulle geskep van ’n roomkleur, bruin en pienk gestreepte vorm van agaatsteen, wat Indiese sardoniks genoem word. Vroeë Griekse juwele het eenvoudige ontwerpe en vakmanskap gehad wat hulle onderskei het van die versierde style van ander kulture (hierbo). Namate die tyd aangeloop het, het hulle ontwerpe, tegnieke en verskeidenheid materiaal in kompleksiteit gegroei (onder). Die lourierkrans is as erekroon vir helde en geleerdes (onder, middel) gebruik. Die lourierblaar was heilig vir Apollo, die god van die intellek en lig. Die antieke Grieke het gehou van hangoorbelle met beelde van duiwe of die gode Eros en Nike.


Amfora-hangertjies is met edelstene of emalje versier en het gehang van ’n roset wat gewoonlik die kroon van Isis bo-op gehad het. Halssnoere was óf ’n breë bandketting met vrugte of blomkelke wat daaraan gehang het,


99


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165