ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS
Die kreatiewe bedrywe speel ’n waardevolle rol en mense wat hulle kreatiwiteit, innovering, konseptuele en probleemoplossingsvaardighede gebruik om topgehalte produkte te ontwikkel, gee aan ons op ’n daaglikse grondslag wat ons nodig het. Met ander woorde, ontwerp verskaf en voeg wonderlike waarde toe tot dienste, stelsels, prosesse en omgewingsektore.
Suné Stassen, Kreatiewe Konsultant en Ontwerpaktivis Definieer ontwerp:
om ’n gedetailleerde plan van ’n struktuur van iets te skep, met die fokus op die voorkoms, gerief en doeltreffende funksionering van finale ontwerp; om iets op ’n knap manier te maak; om iets uit te vind vir ’n spesifieke doel; ’n tekening of grafiese voorstelling met die doel om funksie aan te dui, of hoe om dit te monteer of te maak.
“Het jy geweet?”-kassies
Al die inligting wat in die “Het jy geweet?”-kassies in Module 1 verskaf word, fokus op ware Suid-Afrikaanse uitvindings, nie net om trots op Suid-Afrikaanse produkte te ontwikkel nie, maar om leerders en onderwysers op te voed oor briljante uitvindings en entrepreneurskap wat sterk voorbeelde is om die feit te staaf dat ontwerp ons lewenstandaard verbeter, tot ’n beter wêreld vir almal kan bydra, en oor die algemeen ’n impak op maatskaplike en omgewingsektore het. Let op dat die relevante sektor, diens, stelsel of omgewing van impak in hakies aan die einde van elke kassie aangedui word. Die “Het jy geweet?”-kassies maak hierdie ekstra inhoud maklik toeganklik vir leerders en onderwysers en kan gebruik word as voorbeelde terwyl die impak en die rol van ontwerp in die samelewing bespreek word, asook die belangrikheid van intellektuele eiendom van uitvoerbare produkte wat die ekonomie kan laat groei.
Uitvinders, ontwerpers en maatskappye se besonderhede word ook ingesluit sodat die leerders die opsie het om meer navorsing te doen as hulle wil. Die meeste van hierdie voorbeelde ondersteun ook die behoeſte om beter verhoudings tussen die sektore van ingenieurswese, tegnologie en ontwerp te vestig.
Leiding en aktiwiteite vir leerders
Inleidingsaktiwiteite: Voorbereiding vir omvattende begrip van ontwerp. Laat die leerders werklik oor ontwerp nadink.
KENNIS: • Definisie en die rol van ontwerp en die ontwikkeling van ontwerpgeletterdheid. • Dit is belangrik dat jy die volgorde van gebeure hieronder moet navolg. Op hierdie manier kan jy eers die leerders betrokke maak by ’n algemene inleiding, bespreking en bewustheid voordat jy die meer teoretiese komponente soos die beginsels en elemente van ontwerp aanpak. Dit sal die leerders toelaat om eers begrip te verkry van die rol van ontwerp in die samelewing voordat hulle die bestanddele begryp wat gebruik word om daardie verskillende rolle te vervul.
Kies asseblief uit ’n verskeidenheid aktiwiteite. Jy word aangeraai om die volgende aktiwiteite te gebruik as ’n bekendstelling aan die wêreld van ontwerp en dit te vertolk soos hulle goed dink. Hierdie aktiwiteite sal die weg voorberei vir die wêreld van ontwerp as ’n inleiding tot die praktiese sowel as teoretiese komponente in Graad 10. Dit is ook raadsaam dat jymoet aanhou om hierdie aktiwiteite en voorbeelde saam met die modules in Graad 11–12 te noem om kontinuïteit en uitkomsgebaseerde onderrig te verseker en verdere onderrig en opleiding vol te hou.
Die aktiwiteite wat in die handboek voorgestel word, maak voorsiening vir buigsaamheid en persoonlike vertolking deur die onderwyser. Jy kan, na gelang van die vlak en die vermoëns van die betrokke leerders, die vlak van die aktiwiteit verhoog of verlaag en die vlak van die assesseringstandaarde aanpas.
13
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124 |
Page 125 |
Page 126 |
Page 127 |
Page 128 |
Page 129 |
Page 130 |
Page 131 |
Page 132 |
Page 133 |
Page 134 |
Page 135 |
Page 136 |
Page 137 |
Page 138 |
Page 139 |
Page 140 |
Page 141 |
Page 142 |
Page 143 |
Page 144 |
Page 145 |
Page 146 |
Page 147 |
Page 148 |
Page 149 |
Page 150 |
Page 151 |
Page 152 |
Page 153 |
Page 154 |
Page 155 |
Page 156 |
Page 157 |
Page 158 |
Page 159 |
Page 160 |
Page 161 |
Page 162 |
Page 163 |
Page 164 |
Page 165