ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS
Kleredrag in antieke Griekeland Antieke Griekeland is beroemd vanweë sy filosofie, kuns, letterkunde en politiek. As gevolg hiervan het die kleredrag van die klassieke tydperk in Griekeland herleef wanneer latere samelewings ’n aspek van die antieke Griekse beskawing, soos die demokratiese regering, wou vereer. ’n Griekse styl in kleredrag het kort na die Franse Revolusie (1789–1799) in Frankryk mode geword, aangesien gemeen is dat die styl die demokratiese ideale uitdruk waarvoor daar in die revolusie geveg is, ongeag hoe verkeerd die begrip van die geskiedkundige realiteit was.
Klerehervormers het later in die 19de eeu die antieke Griekse kleredrag bewonder omdat hulle gemeen het dat dit tydlose skoonheid weerspieël – die teenoorgestelde van die ingewikkelde en snelveranderende modes van hulle tyd. Die redenasie was ook prakties, aangesien die Griekse-styl rokke baie minder materiaal nodig gehad het as dié van die Rococo-tydperk.
Antieke Griekse kleredrag het uit lengtes materiaal van linne of wol bestaan. Dit was gewoonlik reghoekig en het ’n koord en ’n ornamentele knip of speld gehad. Tipies van sulke kledingstukke was die peplos, ’n los kledingstuk wat deur vroue gedra is; die chlamys, ’n mantel wat deur mans gedra is; en die chitoon, ’n tuniek wat deur beide geslagte van alle ouderdomme gedra is. Die chitoon word dikwels as geplooi getoon. Mans se chitone het op hulle knieë gehang, terwyl vroue s’n tot by hulle enkels gereik het. Amasone is uitgebeeld met hulle regterbors ontbloot sodat die kledingstuk nie in die pad was van die wapens wat hulle gebruik het nie.
Die basiese buitenste kledingstuk in die winter was die himation, ’n groter mantel wat oor die peplos of chlamys gedra is. Die chitoon was ’n eenvoudige kledingstuk, maar die peplos met sy skouerknippe was meer kenmerkend Grieks. Die himation het waarskynlik die meeste invloed op latere modes gehad. Vroue was in die meeste gebiede van antieke Griekeland eenders geklee, alhoewel hulle in sommige streke asook by openbare gebeurtenisse en op die markplein ook ’n los sluier gedra het.
Gedurende die klassieke tye in Griekeland het manlike naaktheid ’n godsdienstige goedkeuring gedra na grondige veranderings in die kultuur. Na daardie tyd het manlike atlete naak deelgeneem aan atletiekbyeenkomste soos die klassieke weergawe van die Olimpiese Spele, aangesien vroue nie aan die kompetisie kon deelneem nie, behalwe as eienaars van renstrydwaens. Die antieke byeenkomste is gestaak – een (’n wedloop vir vroue) was die enigste nommer van die oorspronklike kompetisie. Mites vertel dat na hierdie verbod daar ontdek is dat ’n vrou die kompetisie gewen het terwyl sy die klere van ’n man gedra het. Dit het gelei tot die beleid dat deelnemers naak moes deelneem om so ’n verleentheid in die toekoms te voorkom.
2. Pompeii-woordelys A
Ambagsmanne: geskoolde werkers Antiek: behoort aan tye van baie lank gelede Argitektoniese ontwerp/argitektuur: die kuns en wetenskap van ontwerp en konstruksie van geboue; die ontwerp, beplanning en projekbestuur van meestal nuwe geboue. Hierdie sektor kan egter ook ’n belangrike rol speel in die herontwerp en hernuwing van bestaande geboue. ’n Sektor wat grootliks gemoeid is met die doel en funksionaliteit van die gebou of struktuur en wat ’n wesenlike rol speel in die “voorkoms en gevoel” van die finale ontwerp. Atrium: middelste saal van die huis. Dit het gewoonlik ’n enkele sentrale opening in die dak om reënwater in ’n opvangskottel op die vloer daaronder op te vang.
B
Bemarking: die bekendstelling van ’n produk of diens met die bedoeling om dit te verkoop of inligting daaroor te verskaf
Binnenshuise ontwerp: opleiding in argitektuur vir die bestuur van geriewe, ruimtebeplanning; ontwerp van binnenshuise toebehore, meubels; kennis van toerustingspesifikasies en afwerkings; meubel- en tekstielgeskiedenis; beligting en tekstielontwerp; vermoë om te teken en vloerplanne, gereflekteer plafonplanne, aansigte en perspektiewe uit te voer Binnenshuise versiering: uitleg, ontwerp en versiering van binneruimtes wat insluit die keuse van kleurskemas, meubilering van ruimtes
101
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124 |
Page 125 |
Page 126 |
Page 127 |
Page 128 |
Page 129 |
Page 130 |
Page 131 |
Page 132 |
Page 133 |
Page 134 |
Page 135 |
Page 136 |
Page 137 |
Page 138 |
Page 139 |
Page 140 |
Page 141 |
Page 142 |
Page 143 |
Page 144 |
Page 145 |
Page 146 |
Page 147 |
Page 148 |
Page 149 |
Page 150 |
Page 151 |
Page 152 |
Page 153 |
Page 154 |
Page 155 |
Page 156 |
Page 157 |
Page 158 |
Page 159 |
Page 160 |
Page 161 |
Page 162 |
Page 163 |
Page 164 |
Page 165