This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS


Mensgemaakte voorwerpe: enige voorwerp wat deur mense geproduseer is, Dit kan handgemaak of deur masjiene massageproduseer wees. Menslike behoeftes: menslike behoeftes kan wissel van die heel basiese, soos voedsel, lopende water, klere en mediese sorg tot hoërordebehoeftes soos tegnologie, telekommunikasie, vervoer, vermaak. Meubelontwerp: die ontwerp van meubelstukke soos stoele, beddens, kaste, tafels. Die inskakeling van ergonomie (sien definisie van ergonomie) is noodsaaklik om te voldoen aan gemak en menslike behoeftes. Industriële en binnenshuise ontwerpers kies soms om in hierdie sektor te spesialiseer. Mode-ontwerp: die ontwerp van kledingstukke en bykomstighede soos skoene, hoede, onderklere, ens. vir daaglikse gebruik. Mosaïek: gebreekte teëls of soortgelyke materiale wat saamgevoeg word om patrone/ontwerpe op ’n 2D- of 3D-oppervlak aan te bring. Dit het ’n dekoratiewe funksie Motief: dominante tema of hoofdeel van ’n ontwerp, gebou of komposisie. Individuele element/simbool wat herhaaldelik in ’n ontwerp gebruik word. Muur-ontwerp: ’n ontwerp wat op die oppervlak van ’n muur as belangrikste oppervlak aangebring word.


O


Omgewingsontwerp: verwys na alle ontwerpsektore wat verantwoordelik is vir die area of omgewing waar ons leef, soos argitektuur, binnenshuise ontwerp en -versiering, teater- en stelselontwerp, funksie-ontwerp, stedelike en landskapsontwerp. Openbare beelde: kan abstrak wees of iets spesifiek. Dit kan nasionale of kulturele trots simboliseer. Die posisie en plek van openbare beelde speel ’n noodsaaklike rol en dra by tot die omgewing waarin ons ons bevind. Oppervlakontwerp: behandeling, verandering of versiering van gewoonlik 2D-oppervlakke. 3D-oppervlakke kan óf verander of versier word, byvoorbeeld om mosaïek op ’n tafeloppervlak aan te bring. Dit sluit alle ontwerpsektore in wat dekoratiewe kwaliteit op ’n oppervlak behandel, verander of byvoeg, soos tekstielontwerp, appliek, borduurwerk, mosaïek, graffiti. Ornamenteel: dekoratiewe voorwerpe of ontwerpe wat as ekstra detail by ’n ander voorwerp gevoeg word.


P


Patent: ’n ontwerper registreer ’n patent om die regte van sy/haar ontwerp (of uitvindsel) te beskerm sodat dit nie nageboots of deur ander mense geproduseer kan word nie.


Pottebakkerswerk: voorwerpe wat uit klei gemaak


word en waarvan die kwaliteit verander as dit aan hitte blootgestel word: 2D-oppervlakke soos teëls, 3D-voorwerpe waarvan die hoofdoel kan wees om beeldhouwerk of dekoratiewe stukke te wees, of iets funksioneel soos ’n bakkie. Produkontwerp: vanaf die idee na die ontwikkeling van ’n konsep. Dit word gewoonlik gevolg deur die toetsing en vervaardiging en uiteindelik die bekendstelling van ’n produk. Die produk is altyd funksioneel en sluit sektore in soos meubelontwerp, mode-ontwerp en ontwerp van bykomstighede, industriële ontwerp (van ligte tot selfone), ontwerp van motors.


S


Simbool: ’n eenvoudige visuele beeld wat maklik inligting oordra; ’n waardestelsel of geloof; ’n vereenvoudigde voorstelling van iets. Skaal: eenvormige en proporsionele verkleining of vergroting van grootte en dimensies van ’n vorm of ruimte. Dit weerspieël gewoonlik nie die werklike dimensies in die werklike wêreld nie. Stadsontwerp: die ontwerp en uitleg van dorpe en stede.


T


Tapisserie: ’n vorm van tekstielontwerp; met die hand op ’n vertikale weefstoel geweef; al die skeringsdrade is in die voltooide werk weggesteek (geen los drade aan die agterkant van ’n mat nie. Teater- en stelontwerp: die ontwerp van stelle vir die gebruik in teaterproduksies; die ontwerp van ’n stel en rekwisiete om ’n omgewing of agtergrond vir ’n uitstalling te skep (winkel-/vensteruitstalling om kenmerke en omgewing vir die advertering van ’n produk of diens te beklemtoon); ontwerp van ’n stel en rekwisiete om ’n toepaslike agtergrond of omgewing te skep vir byvoorbeeld ’n modefoto; stelle word ook vir films en TV- produksies ontwerp. Tekstielontwerp: gebruik van patrone, tekstuur en beelde op byvoorbeeld matte, kledingstukke, lap, tapisserieë deur die aanbring van ’n verskeidenheid tegnieke soos skermdruk, handverfwerk en borduurwerk.


U


Universele ontwerp: items en ruimtes wat deur individue bereik en benut kan word ongeag hulle ouderdom, grootte of gestremdhede.


V


Verbruiker: iemand wat goedere of dienste aankoop vir persoonlike gebruik.


103


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165