This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS


Daar was twee hoofstyle (of “ordes”) van Griekse argitektuur, die Doriese en die Ioniese. Hierdie name is deur die Grieke self gebruik en toon hulle geloof dat die style van die Doriese en Ioniese Grieke van die Donker Eeue afgestam het, maar dis waarskynlik nie waar nie. Die Doriese styl is hoofsaaklik op die Griekse vasteland gebruik en het vandaar na die Griekse kolonies in Italië versprei. Die Ioniese styl is gebruik in die stede van Ionië (nou die weskus van Turkye) en op sommige van die Egeïese eilande. Die Doriese styl was meer formeel en sober, die Ioniese meer ontspanne en dekoratief. Die meer versierde Korinthiese styl is ’n later ontwikkeling van die Ioniese. Hierdie style is die bekendste deur die drie ordes van suilkapitele, maar daar is verskille by die meeste ontwerppunte en versiering tussen die ordes. Sien die afsonderlike artikel oor Klassieke ordes.


Die meeste van die bekendste oorblywende Griekse geboue, soos die Parthenon en die Tempel van Hephaestus in Athene, is Dories. Die Erechteum, langs die Parthenon, is egter Ionies. Die Ioniese orde het in die Hellenistiese tydperk begin oorheers, aangesien die meer dekoratiewe styl daarvan die estetiese van daardie tydperk beter gepas het as die meer beheersde Doriese orde. Van die beste oorblywende Hellenistiese geboue, soos die Celsus-biblioteek, kan in Turkye gesien word. In die grootste van die Hellenistiese stede, Alexandrië in Egipte, het bykans niks oorgebly nie.


Ontwerp van munte Munte is in die 7de eeu v.C. in Ludia ontwerp, maar is eerste op groot skaal deur die Grieke gebruik, en die Grieke het die bloudruk van muntontwerp daargestel en dit word steeds so gebruik. Muntontwerp volg vandag steeds herkenbare patrone wat van antieke Griekeland kom. Die Grieke het nie muntontwerp as belangrike kunsvorm gesien nie, alhoewel sommige stede buite Griekeland in die Sentraal-Asiatiese koninkryke en Sisiliaanse stede hulleself wou bevorder en duur ontwerpte munte gehad het wat deur voorste goudsmede ontwerp is. Die duursaamheid en oorvloed van munte het dit egter een van die belangrikste bronne van kennis oor Griekse estetika gemaak.


Griekse munte is terloops die enigste kunsvorm van die antieke Griekse wêreld wat steeds gekoop en besit kan word deur privaat besitters met beskeie inkomstes. Griekse ontwerpers het begin om ’n profiel van iemand op die gesig van munte te plaas. Dit was aanvanklik ’n portret van die beskermgod of -godin van die stad wat die munt uitgereik het. Die koppe van helde uit die Griekse mitologie is later gebruik. Die eerste portrette van mense was dié van Persiese satrape van Klein-Asië. Griekse stede in Italië het in die 4de eeu v.C. begin om die afeeldings van die koppe van werklike mense op munte te sit. Die Hellenistiese opvolgers van Alexander die Grote in Egipte, Sirië en elders het dit ook gedoen. Griekse stede het dikwels ’n simbool van die stad op die agterkant van hulle munte geplaas: ’n uil vir Athene, ’n dolfyn vir Sirakuse en so aan. Die plasing van inskripsies op munte het ook by die Grieke ontstaan. Al hierdie gebruike is later deur die Romeine voortgesit.


Paneelskilderwerk Die mees gerekende vorm van kuns was individuele, draagbare skilderye op houtplanke en word tegnies as paneelskilderwerk beskryf. Die tegnieke wat gebruik is, was wasskilderwerk en tempera. Sulke skilderye het gewoonlik figure uitgebeeld, asook portrette en stillewes. Ons het beskrywings van talle komposisies. Hulle is versamel en dikwels in openbare ruimtes uitgestal. Pausanias beskryf sulke uitstallings in Athene en Delphi. Uit die literatuur ken ons die name van talle beroemde skilders, hoofsaaklik uit die Klassieke en Hellenistiese tydperke (sien uitbreibare lys regs).


Ongelukkig het nie een van die Griekse paneelskilderye behoue gebly nie omdat die materiaal wat gebruik is, vergaan het en daar groot opstande teen die einde van die Antieke tydperk was. Nie eers van die kopieë daarvan wat ongetwyfeld moes bestaan het, is behoue nie. Die meeste van ons kennis oor die Griekse beeldhoukuns het ons van sulke kopieë wat gemaak is. Die belangrikste oorblywende Griekse voorbeelde is die redelik swakgehalte-Pitsa-panele uit ongeveer 530 v.C., en ’n groot groep uit die veel later Grieks- Romeinse argeologiese oorblyfsels uit die droë toestande van Egipte, die Fayum-mummieskilderye. Bisantynse ikone is ook afomstig van die tradisie van brandskilderwerk op panele.


Muurskilderwerk Die tradisie van muurskilderwerk in Griekeland gaan so ver terug soos die Minoïese en Miceense bronstydperk, met die oordadige freskoversierings van plekke soos die Knossos, Tirene en Micene. Dit is nie duidelik of daar enige kontinuïteit tussen hierdie voorgeskiedenis en latere Griekse muurskilderye is nie.


98


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165