ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS Inleiding
Wat is ontwerp? “Hoewel talle produkte en voorbeelde van goeie ontwerp as weelde-artikels geklassifiseer kan word, byvoorbeeld uitspattige juwele, klere en duur motors, het die menslike spesie nog altyd – selfs sedert die Steentydperk tot nou – sekere basiese behoeſtes uitgespreek om te oorleef, kommunikeer, reis, eet, om nie van basiese mediese sorg en beskerming teen die elemente te praat nie.
Geen kultuur kan bloot bestaan sonder selfs die heel basiese elemente wat die kreatiewe bedrywe verskaf nie. Ontwerp is dus nie ’n luukse nie, maar eerder ’n noodsaaklikheid wat op basiese menslike behoeſtes reageer.” Suné Stassen Kreatiewe Konsultant en Ontwerpaktivis
“Ontwerp is orals – dis die goed om ons. Daar word geraam dat die gemiddelde persoon teen ontbyt met ongeveer 150 ontwerpartikels werk – van die tandepastabuisie tot die boks wat die graanvlokkies bevat!”
“Dis maklik om te sien waarom – alles in die mensgemaakte wêreld is ontwerp, van die huise waarin ons woon en die klere wat ons dra, tot die vervoermetodes wat ons gebruik. En ontwerp raak dus aan elke aspek van ons lewens, wat dit ’n belangrike dissipline maak. . . . ontwerp is daardie vaardigheid of fasiliteit wat lewensgehalte verbeter. Ontwerpers is optimiste. Hulle is hervormers. Ontwerpers herskep die wêreld waarin ons woon.” Ravi Naidoo – Design Overview – Woolworths, ‘Making the Difference Trough Design Daily’
“Ontwerp gaan nie noodwendig oor “kuns” nie, maar eerder oor die skep van welvaart deur die doeltreffende gebruik van kreatiwiteit.”
Woolworths, ‘Making the Difference Trough Design Daily’
’N BETER WÊRELD DEUR KREATIWITEIT Hoe hou ’n mens melk in die woestyn koud? Sit ’n dak oor mense se koppe? Verander ’n tydskrif in ’n spieël? Versprei snags lig aan die verste uithoeke van die Aarde? En beantwoord al vyf hierdie vrae met dieselfde oplossing? Eenvoudig: Deur kreatiwiteit.
Dit is deur kreatiwiteit dat die Nigeriese onderwyser Mohammed Bah Abba sy erde-“pot-in-pot”- verkoelingstoestel ontwerp het wat die lewe in halfwoestyngebiede vir altyd verander het. Rajan Harinarain het ook kreatiwiteit aangewend toe hy die opvouhuis uitgedink het om die behuisingstekort op te los. Kreatiwiteit was ook aan die stuur toe Hanan Yanny besef het dat ’n ou tydskrif nie ’n afvalproduk is nie, maar ’n grondstof vir juwele en nuwe produkte; en Dave Irvine Halliday besef het dat die kombinasie van LED’s en ’n sonkragbattery ’n lewensvatbare ligbron is, selfs in die mees afgeleë gebied.
Kreatiwiteit kan van die wêreld ’n beter plek maak. Dit is die voorstel wat Design Indaba aan die kreatiewe bedrywe maak – van grafiese ontwerp, reklame en mode tot industriële ontwerp, argitektuur, handwerk en nuwe media.
Design Indaba 2008,
www.designindaba.com (vertaal) Ontwerp raak feitlik elke aspek van ons lewens
Kom ons kyk op ’n ander manier na ontwerp. Kom ons eet, drink, slaap en praat ontwerp! Het jy geweet dat ontwerp ons omgewing raak en ons lewens struktureer; dat dit ons beskerm en gemak verskaf? Dit gee ook vermaak en kommunikeer maatskaplike kwessies en bewustheidsveldtogte. Verder ontwikkel ontwerp nuwe produkte, stel dit bekend en adverteer dit sodat ons ingeligte besluite kan neem.
Dit is as gevolg van ontwerp dat ek en jy deur ons eie identiteit en styl kan kommunikeer wie ons is. Ons bepaal ons identiteite deur die keuses wat ons maak, die klere wat ons dra, ons keuse van musiek, haarstyl, skoene en juwele, om maar ’n paar te noem. Op dieselfde manier het ’n besigheid of handelsmerk sy eie identiteit en voorkoms, of styl. Ons noem dit ’n korporatiewe ID of identiteit.
12
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124 |
Page 125 |
Page 126 |
Page 127 |
Page 128 |
Page 129 |
Page 130 |
Page 131 |
Page 132 |
Page 133 |
Page 134 |
Page 135 |
Page 136 |
Page 137 |
Page 138 |
Page 139 |
Page 140 |
Page 141 |
Page 142 |
Page 143 |
Page 144 |
Page 145 |
Page 146 |
Page 147 |
Page 148 |
Page 149 |
Page 150 |
Page 151 |
Page 152 |
Page 153 |
Page 154 |
Page 155 |
Page 156 |
Page 157 |
Page 158 |
Page 159 |
Page 160 |
Page 161 |
Page 162 |
Page 163 |
Page 164 |
Page 165