ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS Aktiwiteit 5
Materiale: Bronboek/werkboek/vel papier. Skêre en Pritt. Navorsingsmateriaal wat deur die onderwyser of leerders verskaf word: gedrukte media, internet of onderwyser se uitdeelstukke. Oefening: Leerders moet navorsing doen oor ’n verskeidenheid voorbeelde van verskillende Afrika-kulture, versierings en tradisies en visuele voorbeelde verskaf wanneer hulle die ooreenkomste en verskille vergelyk van die simboliek wat in twee van hierdie kulture gebruik word.
Die doel van hierdie aktiwiteit is vir die leerders om voorbeelde te ontleed en dit met hulle kulturele, historiese en eietydse konteks in verband te bring. Dit sal hulle leer om die metodes en bedoelings van gemeenskappe en individuele ontwerppraktisyns te identifiseer.
Aktiwiteit 6 Materiale: Bronboek/werkboek/vel papier.
Oefening: Vra jou leerders om na te dink oor die dames- en mans-tekens wat hulle in restaurante en op ander openbare plekke sien. Bespreek die variasies van hierdie simbole wat hulle al gesien het. Hierdie simbole weerspieël dikwels die tema van ’n restaurant of besigheid.
Die leerders moet nou die dames- en mans-tekens van een van die volgende plekke ontwerp. Die ontwerpe moet die tema van elkeen van hierdie omgewings uitbeeld. Vestig hulle aandag op die feit dat hierdie tekens nie mense met gestremdhede of ander kulture moet uitsluit nie.
• • • •
’n internet- en speletjieswinkel
’n eietydse kunsgalery en ontwerpwerkswinkel ’n sportkroeg
’n Mexikaanse restaurant
Beklemtoon die belangrikheid van voldoende navorsing om ingeligte ontwerpkeuses te maak. Vra hulle om al hulle navorsing en rowwe sketse by hulle ontwerpwerkboeke in te sluit en beloon goeie navorsing en eksperimente deur ’n spesifieke kategorie hiervoor by jou assesseringsrubriek in te sluit.
Dit sal tot voordeel van die leerders se ontwerpvaardighede wees as hulle ten minste drie rowwe ontwerpe vir een van die plekke hierbo moet maak voordat hulle die beste een kies om as die finale ontwerp te implementeer. Dit sal hulle dwing om by die ontwerpproses betrokke te raak, eerder as om bloot die eerste idee te gebruik wat by hulle opkom. Dit sal hulle help om hulle idees verder te ontwikkel en hulle besluitnemingsvaardighede bevorder. Herinner die leerders aan die ontwerpvaardighede wat hulle in Module 1 geleer het en sluit die evaluering van die praktiese toepassing van die kunselemente en ontwerpbeginsels by jou assessering in. Herinner hulle ook daaraan om die “kreatiewe snellers” te gebruik waaroor hulle in Module 2 geleer het.
65
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124 |
Page 125 |
Page 126 |
Page 127 |
Page 128 |
Page 129 |
Page 130 |
Page 131 |
Page 132 |
Page 133 |
Page 134 |
Page 135 |
Page 136 |
Page 137 |
Page 138 |
Page 139 |
Page 140 |
Page 141 |
Page 142 |
Page 143 |
Page 144 |
Page 145 |
Page 146 |
Page 147 |
Page 148 |
Page 149 |
Page 150 |
Page 151 |
Page 152 |
Page 153 |
Page 154 |
Page 155 |
Page 156 |
Page 157 |
Page 158 |
Page 159 |
Page 160 |
Page 161 |
Page 162 |
Page 163 |
Page 164 |
Page 165