This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS


Die mens se huis het toenemend sy kokon geword. Haar groot kokonvoorspellings: Enigiets wat met veiligheid en sekuriteit te make het, spesiaal-ontwerpte motors, huisartikels wat ons gevoel van weelde en gemak verhoog, bed-en-bad-artikels, tuisnaaldwerk, vroue wat tuis by handwerk betrokke raak.


2: Ankering


Die nuwe tendens oor die innerlike gees word Ankering genoem, sê sy. Jare gelede het die Popcorn-verslag voorspel: In hierdie dekade sal daar ’n totale ommeswaai van die lewe in die vinnige baan na die huis en selfeskerming wees. Ons sal nuwe moraliteit, nuwe godsdienste ervaar. Spiritualiteit is die hart en siel van Ankering, en hierdie geestelike herlewing gaan net soveel om Boeddha, Allah, Brahma, hoër magte en selfontdekking as oor die Ou en Nuwe Testamentiese God.


Met kerkbywoning wat ’n opbloei toon, belangstelling in alternatiewe oortuigings. Madonna wat joga doen, Roseanne wat Kabbalah probeer, Richard Gere wat met die Dalai Lama kontak maak, feng shui wat dekor beïnvloed, en geestelike boeke as die topverkopers, het Ankering die hoofstroom getref. Christelike musiek in die hoofstroom, ’n bloeiende vraag na boeke oor spiritualiteit, ’n belangstelling in engele, spirituele wegbreke, jogasentrums, tuisaltare. Ankering hou ook verband met ’n belangstelling in die gesin – stambome, wapens, en pelgrimstogte na die voorouers se graſte sal ’n tendens word.


3: Eva-lusie


Eva-lusie is aanvanklik deur Faith as VroueDenke (FemaleTink) beskryf, en dit is op die verskille tussen vroue en mans gegrond. VroueDenke gebruik spanwerk, is proses-bewus en verhouding-georiënteerd. Geen besigheid sal floreer as hulle nie VroueDenke verstaan nie en geen besigheid sal oorleef sonder om VroueDenke se taal te praat en te dink nie, sê Faith. Moenie konformeer nie, moenie hervorm nie, transformeer net. Faith se Eva-lusie- voorspellings: sukses vir maatskappye wat vroue met respek behandel en wat vroue in die sakewêreld ondersteun, vroulike verkoopslui vir motors, mikrogolwe, TV’s, rekenaars. En pasop vir gebiede waar die verskille tussen mans en vroue beklemtoon word, voorspel sy.


4: Mansipasie


Die Mansipasie-tendens is in sy beginfase, sê Faith. Dit verwys na die emansipasie van mans, die keersy van VroueDenke. Haar voorspelling vir Mansipasie: ’n opbloei in uniseks-parfuum; meer voltydse huismans; ’n toenemende vraag na versorgingsprodukte vir mans, kosmetiese chirurgie en produkte wat op meer intuïtiewe en ekspressiewe nuwe mans gemik is.


5: AtmosVrees


Gifstowwe in water en grond, geneties gemanipuleerde groente, onsigbare vyande in ons kos en lug. . . AtmosVrees is ’n diep, nasionale senuagtigheid wat die gevolg is van aanhoudende aanvalle op ons gesondheid en welsyn.


Enigiets wat ons kiemvry hou, sal in die toekoms groot besigheid wees, voorspel Faith – watervrye handwasmiddels, oppervlakspuitmiddels, “skoon kos”-plakkers, suurstofroeë, mobiele suurstofmasjiene. Skoon kos is die volgende golf, sê Faith. Hamburger-kopers sal wil weet hoe die beeste gevoer is, hoe die vleis gestoor en voorberei is. Vegetariërs sal vra hoe groente gekweek word, en die enigste manier om ons kos werklik te beskerm, sal wees om dit self te kweek of beheerde grond vir daardie doel te deel. As ons na sommige van Faith se tendensvoorspellings kyk, herken ons baie van die dinge wat ons sien in die winkels waar ons die basiese goed koop, nie waar nie?


As ons om ons kyk, lyk dit asof almal vasgevang is in organiese produkte, of dit in die groente-afdeling is, waar hulle waarborg dat geen plaagdoders gebruik is nie, of by die plaashoenders sonder veranderingshormone, of selfs onder die katoen-T-hemde of kinderklere wat organies is, en ’n klein fortuintjie kos, maar wat ons bereid is om te betaal want dit is natuurlik en bevat geen veranderingsprodukte nie.


51


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165