This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS


Oordrag van kennis Kennis van nuwe innoverings is op verskeie maniere versprei. Werkers wat in ’n tegniek opgelei is, het na ’n ander werkgewer geskuif of is deur hulle gewerf. ’n Algemene metode was vir iemand om ’n studietoer te onderneem en inligting in te samel waar hy kon. Tydens die duur van die Industriële Revolusie en gedurende die eeu daarvoor het alle Europese lande en Amerika studietoere onderneem. Sommige lande soos Swede en Frankryk het selfs as staatsbeleid die staatsamptenare of tegnici opgelei om dit te onderneem. In ander lande, veral Brittanje en Amerika, het individuele vervaardigers wat gretig was om hulle eie metodes te verbeter, hierdie praktyk ingespan. Studietoere was op daardie stadium – soos nou – algemeen, en so ook die byhou van reisdagboeke. Rekords deur nyweraars en tegnici uit hierdie tydperk is ’n uiters waardevolle bron van inligting oor hulle metodes.


Tegnologiese ontwikkeling in Brittanje


Tekstielvervaardiging In die vroeë 18de eeu het Britse tekstielvervaardiging berus op wol, wat verwerk is deur individuele vakmanne wat die spin- en weefwerk op hulle eie perseel gedoen het. Hierdie stelsel word ’n huisnywerheid genoem. Vlas en katoen is ook vir fyn materiale gebruik, maar dit was moeilik om te verwerk as gevolg van die verwerking vooraf, en goedere van hierdie materiale het dus slegs ’n klein gedeelte van die produksie uitgemaak.


Ander uitvinders het die doeltreffendheid van die individuele stappe in die spinproses verbeter, sodat die aanbod van garing baie toegeneem het, wat die weefedryf, wat gevorder het met verbeterings aan weefprosesse en die stoel of “raam”, gevoer het. Die uitset van ’n individuele arbeider het dramaties verbeter, sodat die nuwe masjiene as ’n bedreiging vir werkverskaffing beskou is, en vroeë innoveerders is aangeval en hulle uitvindings vernietig. Richard Arkwright het die katoenspinner geskep wat die produksieprosesse in een fabriek saamgevoeg het, en hy het die gebruik van krag ontwikkel – eers die gebruik van perdekrag en toe waterkrag – wat katoenvervaardiging in ’n gemeganiseerde bedryf omskep het. Stoomkrag is gou daarna gebruik om tekstielmasjiene aan te dryf.


Metallurgie Die belangrikste verandering in die metaalbedrywe in die era van die Industriële Revolusie was die vervanging van organiese brandstowwe wat op hout gebaseer was, met fossielbrandstowwe wat op steenkool gebaseer was.


Tot op daardie tydstip het ystervervaardigers aansienlike hoeveelhede ingevoerde yster gebruik om plaaslike voorrade aan te vul. Vanaf 1785 het invoere egter as gevolg van die nuwe ystervervaardigingtegnologie afgeneem, en Brittanje het ’n uitvoerder van staafyster en van vervaardigde smeeyster-verbruikersgoedere geword. Aangesien yster goedkoper en meer volop geword het, het dit ook ’n belangrike strukturele materiaal geword na die bou van die innoverende “Iron Bridge” in 1778. Die aanbod van goedkoper yster en staal het die ontwikkeling van stoomketels en stoomenjins en uiteindelik die spoorweë bevorder. Verbeterings in masjiengereedskap het dit moontlik gemaak om yster en staal beter te bewerk en die industriële groei van Brittanje verder bevorder.


Mynbou Die bekendstelling van die stoomenjin het die verwydering van water uit myne baie vergemaklik, en mynskagte kon dieper gemaak word, sodat meer steenkool ontgin kon word. Hierdie ontwikkeling het voor die Industriële Revolusie begin, maar die ingebruikneming van James Watt se doeltreffende stoomenjin in die 1770’s het die brandstofoste van enjins verminder, sodat myne winsgewender geraak het. Steenkoolontginning was baie gevaarlik as gevolg van die aanwesigheid van vlamdamp in talle steenkoollae. ’n Mate van veiligheid is verskaf deur die veiligheidslamp wat in 1816 uitgevind is.


Stoomkrag Die ontwikkeling van die stilstaande stoomenjin was ’n noodsaaklike vroeë element van die Industriële Revolusie.; Die meeste bedrywe het egter vir die grootste deel van die Industriële Revolusie nog op wind- en waterkrag, en ook perde- en mannekrag staatgemaak om klein masjiene aan te dryf.


121


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165