This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS


of ’n ronde ketting met ’n knip in die vorm van ’n dierekop of ’n dolfyn. Goue kranse is as hooſtooisels gedra en was ryklik versier met oordadige blare, blomme, akkers, Erosse en Nikes. Hulle ringe het gleufies gehad waarin seëlstene of ander halfedelstene geset is.


Die Hellenistiese tydperk (330–27 v.C.), wat deur die oorwinnings van Alexander die Grote en toenemende kontak met die Verre Ooste en Egipte ingelei is, het groot veranderings in smaak en style in argitektuur, kleredrag en juwele gebring. Talle nuwe tipes juwele is bekend gestel en die gebruik van goud het opvallend toegeneem. Die gebruik van halfedelstene en edelstene soos die ametis, kalsedoon, kornalyn, granaatsteen en bergkristal is aangewend. Minder duur juwele het glaspasta as plaasvervanger vir duurder stene gebruik.


Geskiedenis van antieke Griekse meubels Die Griekse geskiedenis van meubels kan teruggevoer word na die erfenis van Egiptiese meubels. Die vroegste Griekse beskawings het style en idees van Egipte geleen, maar teen die Klassieke tydperk het ontwerpe subtiel verander na ’n styl wat uniek Grieks was. Lyne het sagter geword en daar is meer gebruik gemaak van subtiele en elegante kurwes en meer aandag is aan gemak gegee. Alhoewel feitlik geen meubels die eeue oorleef het nie, beeld Griekse kunswerk soos versierings op pottebakkerswerk en friese die alledaagse Griekse lewe in Griekse huise uit en gee dus aan ons ’n akkurate idee van vroeë Griekse meubelontwerp.


Style Griekse meubelstyle was eenvoudig, elegant en smaakvol. Alhoewel kerfwerk en inlegwerk gebruik is, was meubels nie oorversier nie. Huise wat nie oorvol met te veel meubels nie, en huishoudelike items is vir gebruik en gemak gemaak, eerder as vir versiering. Die Grieke se liefde vir skoonheid en kuns het egter wel na hulle meubelontwerp gestrek, en die paar eenvoudige meubelstukke in ’n vroeë Griekse huishouding was dikwels kunswerke in eie reg.


Sitbanke – Kline Die andron is met rusbanke gemeubileer. Die Grieke het die oosterse tradisie gevolg en gelê wanneer hulle eet. Hierdie rusbanke, bekend as klines, het ’n kopstuk gehad wat as rugstut gebruik kon word wanneer gesit word en was stylvol gestoffeer. Hulle kon uitsluitlik uit hout bestaan het, maar het dikwels pote van brons gehad wat in dierevorms gegiet was. Die klines is teen die mure om geplaas en klein tafeltjies is langsaan geplaas om voedsel en drank op neer te sit.


Stoele Vaste sowel as opvoustoele was vanaf die vroegste tye gewild. Dit het later in stoele vir daaglikse gebruik ontwikkel. Stoele is vroeër slegs vir seremoniële geleenthede gebruik. Klassieke Griekse stoele het gekromde rûe en pote gehad en was dikwels stylvol gestoffeer.


Laaikaste Hangkaste en rakke was onbekend. Verskillende tipes en groottes laaikaste is as bêreplek gebruik. Hulle is gewoonlik versier, en dalk met ’n Griekse fries van blare en blomme geverf. Laaikaste was gesogte meubelstukke en sou dikwels van een geslag na die ander oorgedra word. Beelde wat gebruik is, was antieke voorbeelde van visuele kommunikasie.


Griekse herlewing Griekse klassieke meubels was die inspirasie vir die ontwerpers van die laat-agtiende en vroeë negentiende eeu. Argeologiese vondse het die verbeelding van die wêreld aangegryp en die eenvoudige, elegante lyne van antieke Griekse meubels het meubelmakers van daardie tyd geïnspireer om weg te beweeg van die vroeër swaarder en meer versierde style om die antieke Griekse en Romeinse ontwerpe na te boots. Dit het gelei tot die neoklassieke styl meubels, wat vandag baie gesog is by versamelaars van antieke ware. Vroeë Griekse meubelontwerp het die wêreld van binnenshuise versiering beïnvloed, net so seker as wat Griekse denke sy merk gelaat het op die wêreld van die wetenskap en die tegnologie. Ons afdeling oor Griekse dekor en meubels sal jou ’n paar idees gee oor hoe om na Grieks-geïnspireerde meubels te soek.


100


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165