ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS A. Inleiding
Dit is belangrik dat jy die leerders moet vra wat hulle begrip van ’n tendens is voordat jy dit werklik beskryf. Hulle afleidings is waarskynlik baie na aan die waarheid en dit stel hulle in staat om beter met die leermateriaal te assosieer. Jy help hulle bloot om hulle denkprosesse in geordende definisies te plaas.
Wat is tendense en visuele bemarking?
Definisie: Tendense gaan oor idees. Dit is gevoelens en gedagtes wat voortspruit uit ’n kultuur wat ’n impak op die wêreld het. Dit is die manier waarop die wêreld dinge sien en sal binne ses maande tot ’n jaar manifesteer. Die meeste kulture pas hierdie wêreldwye tendense by hulle mark aan en haal daaruit wat hulle kan; hulle pas aan wat toepaslik is.
Sommige voorkomste is meerjarige gunstelinge – soos die 60’s en 70’s – omdat mense hou van wat hulle ken, waarmee hulle gemaklik is en by aanklank kan vind. ’n Goeie idee sal altyd ’n goeie idee wees en mense hou daarvan om hierdie idees weer te gebruik om uit te vind omdat dit soveel waarde het. (Denalda Tuckett – vertaal)
Tendense kom en gaan nie. Wanneer ’n tendens inkom, moet jy erken dat dit nog nooit weg was nie. . . dit is nie noodwendig dieselfde nie. . . maar tot dusver het ek geen belangrike leefstyltendens nog ooit sien verdwyn nie. – Li Edelkoort (vertaal).
’n Persoon se eerste indruk van jou word op jou voorkoms gegrond. En eerste indrukke is dikwels die belangrikste indrukke.
Net soos jy jou eie beste advertensie is, het kleinhandelaars en ander uitstalgeleenthede meestal een kans om ’n indruk op hulle verbruikers/kliënte te maak. Om hierdie rede moet die venster wat die kleinhandelaar se produkte vir die verbruiker uitstal, baie doeltreffend en opvallend wees. Hierdie posbeskrywing is die verantwoordelikheid van die visuele bemarker. Hy/sy moet bewus wees van die jongste modes en tendense om die produkte so uit te stal dat die visuele inligting wat verskaf word, die verbruiker sal lok.
Aktiwiteit 20 In hierdie aktiwiteit moet die leerders vertroud raak met die bestudering en werklike waarneming van dinge om hulle. Die meeste van hulle sal voel asof jy hulle bloot help om “tendense” in woorde te omskep. Die belangrike deel van die aktiwiteit is dat hulle die ooreenkomste tussen verskillende kleinhandelafsetpunte moet oplet. Hulle moet besef dat as ’n voorwerp ’n tendens is, dit nie net by een kleinhandelpunt ’n tendens sal wees nie, maar by almal.
Aktiwiteit 21 Voorbeeld van ’n moontlike antwoord: Nousluitende jeans/tenktoppies/gladiatorsandale. volg jou eie oordeel deur te kyk na/waar te neem wat in kleinhandelpunte in jou omgewing, binnenshuise versiering- en modetydskriſte beskikbaar is.
B. Geskiedkundige konteks en styl
Stylblaaie (op bladsye 97-98 in handboek) Moedig die leerders aan om hul eie voorbeelde van elke styl in die wit blokke aan te dui. Dit kan prente en sketse insluit.
Voorspellers bestudeer modes om toekomstige tendense te bepaal. Ontwerpers/stiliste/visuele bemarkers sorg almal dat hulle elke jaar baie vinnig by Vogue se nuwe vrystellings uitkom om te bepaal watter invloede in die volgende somer- of wintermodereekse ’n rol gaan speel. Jy het dalk al gehoor dat daar niks in die modewêreld is wat nog ontdek moet word nie. Dit is deels waar: ons ondersoek en bewerk bloot vorige ontwerp-eras weer. Ten einde die uitrustings en ontwerpe te verstaan wat jy elke dag in kleinhandelpunte sien, moet ons die geskiedenis van “mode” goed verstaan.
48
Page 1 |
Page 2 |
Page 3 |
Page 4 |
Page 5 |
Page 6 |
Page 7 |
Page 8 |
Page 9 |
Page 10 |
Page 11 |
Page 12 |
Page 13 |
Page 14 |
Page 15 |
Page 16 |
Page 17 |
Page 18 |
Page 19 |
Page 20 |
Page 21 |
Page 22 |
Page 23 |
Page 24 |
Page 25 |
Page 26 |
Page 27 |
Page 28 |
Page 29 |
Page 30 |
Page 31 |
Page 32 |
Page 33 |
Page 34 |
Page 35 |
Page 36 |
Page 37 |
Page 38 |
Page 39 |
Page 40 |
Page 41 |
Page 42 |
Page 43 |
Page 44 |
Page 45 |
Page 46 |
Page 47 |
Page 48 |
Page 49 |
Page 50 |
Page 51 |
Page 52 |
Page 53 |
Page 54 |
Page 55 |
Page 56 |
Page 57 |
Page 58 |
Page 59 |
Page 60 |
Page 61 |
Page 62 |
Page 63 |
Page 64 |
Page 65 |
Page 66 |
Page 67 |
Page 68 |
Page 69 |
Page 70 |
Page 71 |
Page 72 |
Page 73 |
Page 74 |
Page 75 |
Page 76 |
Page 77 |
Page 78 |
Page 79 |
Page 80 |
Page 81 |
Page 82 |
Page 83 |
Page 84 |
Page 85 |
Page 86 |
Page 87 |
Page 88 |
Page 89 |
Page 90 |
Page 91 |
Page 92 |
Page 93 |
Page 94 |
Page 95 |
Page 96 |
Page 97 |
Page 98 |
Page 99 |
Page 100 |
Page 101 |
Page 102 |
Page 103 |
Page 104 |
Page 105 |
Page 106 |
Page 107 |
Page 108 |
Page 109 |
Page 110 |
Page 111 |
Page 112 |
Page 113 |
Page 114 |
Page 115 |
Page 116 |
Page 117 |
Page 118 |
Page 119 |
Page 120 |
Page 121 |
Page 122 |
Page 123 |
Page 124 |
Page 125 |
Page 126 |
Page 127 |
Page 128 |
Page 129 |
Page 130 |
Page 131 |
Page 132 |
Page 133 |
Page 134 |
Page 135 |
Page 136 |
Page 137 |
Page 138 |
Page 139 |
Page 140 |
Page 141 |
Page 142 |
Page 143 |
Page 144 |
Page 145 |
Page 146 |
Page 147 |
Page 148 |
Page 149 |
Page 150 |
Page 151 |
Page 152 |
Page 153 |
Page 154 |
Page 155 |
Page 156 |
Page 157 |
Page 158 |
Page 159 |
Page 160 |
Page 161 |
Page 162 |
Page 163 |
Page 164 |
Page 165