This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS 4. Nuttige inligting: die Kuns- en Handwerkbeweging


Die Kuns- en Handwerkbeweging het aanvanklik in die tweede helſte van die 19de eeu in Engeland ontwikkel. Hierdie styl is daarna deur Amerikaanse ontwerpers aanvaar, met ietwat ander resultate. In die Verenigde State het die kuns- en handwerkstyl ook as die Mission-styl bekendgestaan.


Hierdie beweging, wat die smaak van die Victoriaanse era uitgedaag het, is geïnspireer deur die maatskaplike hervormingsidees van denkers soos Walter Crane en John Ruskin, saam met die ideale van die hervormer en ontwerper William Morris.


Middeleeuse gildes het ’n model verskaf vir die ideale handwerkproduksiestelsel. Estetiese idees is ook uit Middeleeuse Europa en Islamitiese bronne geleen. Japannese idees is by vroeë vorms van kuns- en handwerk geïnkorporeer. Die fatsoene van die Kuns- en Handwerkstyl was tipies reglynig en hoekig, met gestileerde dekoratiewe motiewe wat ’n mens aan Middeleeuse en Islamitiese ontwerp herinner. Benewens William Morris het een ontwerper uit hierdie tydperk, Owen Jones, ’n boek getitel Te Grammar of Ornament geskryf. Dit het gedien as bronboek vir historiese dekoratiewe ontwerpelemente wat grootliks uit Middeleeuse en Islamitiese bronne geneem is. Hierdie werk het weer die gebruik van sulke historiese bronne deur ander ontwerpers geïnspireer.


Die Engelse Kuns- en Handwerkbeweging het egter mettertyd vakmanskap ten koste van massamarkpryse begin beklemtoon. Die gevolg was stukke wat voortreflik gemaak en versier is en wat slegs die baie rykes kon bekostig. Die gedagte van kuns vir die mense het gevolglik verlore geraak, en slegs ’n paar vakmanne kon aangestel word om hierdie pragstukke te maak.


In die Verenigde State het die Kuns- en Handwerkideaal van ontwerp vir die massas egter meer gerealiseer, hoewel dit was ten koste van die fyn, individuele vakmanskap wat tipies was van die Engelse styl. In New York het Gustav Stickley probeer om ’n groeiende mark met middelklasverbruikers te dien wat bekostigbare meubels wou hê wat redelik goed lyk. Deur fabrieksmetodes te gebruik om basiese komponente te produseer en vakmanne te gebruik om die afwerking en montering te doen, kon hy stewige, bruikbare meubels produseer wat in geweldige hoeveelhede verkoop is en steeds bestaan. Die reglynige, eenvoudiger Amerikaanse Kuns- en Handwerkfatsoene het Amerikaanse argitektuur, interieurs en bybehore in die laat negentiende en vroeë twintigste eeu oorheers.


Stickley se meubels is vandag vir versamelaars uiters waardevol, en die Stickley-maatskappy bestaan steeds. Dit vervaardig kopieë van die oorspronklike Stickley-ontwerpe.


Die term Mission-styl is ook gebruik om Kuns- en Handwerkmeubels en -ontwerp in die Verenigde State te beskryf. Die gebruik van hierdie term weerspieël die invloed van tradisionele bybehore en interieurs uit die Amerikaanse suidweste, wat talle kenmerke met die vroeër Britse Kuns- en Handwerkfatsoene gedeel het. Charles en Henry Greene was belangrike Mission-styl argitekte wat in Kalifornië gewerk het. Die suidwesterse styl het ook Spaans-Amerikaanse elemente by die vroeë Mission-styl en Spaanse argitektuur en Amerikaanse Indiane se ontwerpe geïnkorporeer. Die gevolg was ’n vermenging van die Kuns- en Handwerk se reglynige fatsoene met tradisionele Spaanse koloniale argitektuur en bybehore. Mission-styl interieurs is dikwels met patrone van die Amerikaanse Indiane versier, of met werklike artefakte van die Amerikaanse Indiane soos matte, potte en mandjies. Die versameling van suidwesterse artefakte het in die eerste kwart van die twintigste eeu baie gewild geword.


Art Nouveau, ’n styl wat min of meer saam met die Kuns- en Handwerkstyl verskyn het, het niks met die maatskaplike hervormingsbewegings van die tyd te make gehad nie. Dit het eerder die wanorde en eklektisisme van die middel-19de-eeuse Europa aangespreek. Hierdie beweging het in België en Frankryk ontstaan en die natuur as die ware bron van alle ontwerp beklemtoon. Art Nouveau-ontwerpers het kapsie gemaak teen die leen van idees uit die verlede en selfs uit ander kulture, hoewel die Japannese benadering tot die natuur groot bewondering ontlok het en nageboots is.


124


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165