This page contains a Flash digital edition of a book.
ONTWERP – GRAAD 10 – ONDERWYSERSGIDS


geneem, waar die inhoud verder ontwikkel word deur byvoorbeeld die finale toepassing van ’n digitale medium, soos vir televisie.


’n Ander benadering: Materiale: Prente uit tydskriſte, Pritt en karton, papier of die visuele dagboek/ontwerpwerkboek Oefening: Versamel prente uit tydskriſte of neem inspirerende foto’s van artikels wat die leerders in die eerste uur van hulle dag gebruik. Organiseer hierdie prente en skep ’n storiebord met ’n aantal raampies in chronologiese volgorde (elkeen met ’n geskikte prent of selfs *tekening) om die visuele verhaal van die eerste uur van hulle dag te vertel.


Aktiwiteit 3 Materiale: Jy/die leerder soek/versamel prente of ander visuele elemente wat georganiseer en op papier of karton OF in hulle bron-/ontwerpwerkboeke geplak word. Jy kan ook jou eie flitskaarte maak om met hierdie aktiwiteit te help en ’n verdere dimensie by te voeg.


Oefening: Laat die leerders oor ontwerp nadink en daaroor gesels. Soek visuele voorbeelde wat die volgende sal ondersteun en die leerders ook by ’n groep- of klasbespreking sal betrek.


Die visuele elemente en bespreking moet die volgende stellings verklaar en ondersteun: Ontwerp. . . a) beïnvloed ons omgewing en b) struktureer ons lewens, c) beskerm ons en d) gee ons gemak, e) verskaf aan ons vermaak, f) kommunikeer maatskaplike kwessies en bewustheidsveldtogte, g) ontwikkel nuwe produkte, stel dit bekend en adverteer dit sodat ons ingeligte besluite kan neem, h) laat ons toe om oor te dra wie ons is – individuele identiteit en styl (wat ons dra, keuse van musiek, haarstyl, skoene, ens.) en as ’n besigheid – belangrikheid van korporatiewe ID, handelsmerkgewing en individuele styl/voorkoms en gevoel.


Gevolgtrekking: Jy en die leerders sal die geleentheid hê om die kreatiewe bedryf te verken en ’n algemene oorsig daaroor te kry. Hulle sal die rol van ontwerp kan omskryf en terselfdertyd hulle ontwerpgeletterdheid en kennis ontwikkel. Die leerders sal betrokke raak by ’n algemene inleiding, bespreking en bewustheid voordat hulle die meer teoretiese komponente soos die beginsels en elemente van ontwerp aanpak. Hulle sal eers begrip kry van die rol van ontwerp in die samelewing voordat hulle die bestanddele en metodes begryp wat gebruik word om daardie verskillende behoeſtes en rolle te vervul. Hulle sal ook leer dat hulle wêreld om ontwerp draai, en dat daar sonder ontwerp niks sal wees om hulle lewenstandaard te handhaaf nie.


• Die volgende voorbeelde moet tydens hierdie aktiwiteit vir jou as riglyn dien en behoort jou ’n idee te gee van die voorbeelde wat by die klasbesprekings ingesluit kan word. a) beïnvloed ons omgewing • beelde/monumente • argitektuur – verstaan die verskille wanneer skole, kantoorparke, gholflandgoede, winkelsentrums, gemeenskapsentrums, Konstitusionele Hof, spa’s, huise, ens. – elke ontwerp is ’n reaksie op ’n verskeidenheid menslike behoeſtes, vereistes, liggings (die omgewing en die plasing van elke struktuur sal ook ’n impak hê op die voorkoms en gevoel van die ontwerp en sal ook deur kultuur en stedelike verskille beïnvloed word)


• binnenshuise ontwerp en versiering • stedelike ontwerp (omgewingsontwerp) • siviele ontwerpingenieurswese – brûe, paaie, ens.(ontwerpingenieurswese) • landskapontwerp (omgewingsontwerp) • industriële ontwerp (produkontwerp) • mosaïek (oppervlak- of produkontwerp) • graffiti (oppervlakontwerp) • tendense en visuele bevoorrading.


15


Page 1  |  Page 2  |  Page 3  |  Page 4  |  Page 5  |  Page 6  |  Page 7  |  Page 8  |  Page 9  |  Page 10  |  Page 11  |  Page 12  |  Page 13  |  Page 14  |  Page 15  |  Page 16  |  Page 17  |  Page 18  |  Page 19  |  Page 20  |  Page 21  |  Page 22  |  Page 23  |  Page 24  |  Page 25  |  Page 26  |  Page 27  |  Page 28  |  Page 29  |  Page 30  |  Page 31  |  Page 32  |  Page 33  |  Page 34  |  Page 35  |  Page 36  |  Page 37  |  Page 38  |  Page 39  |  Page 40  |  Page 41  |  Page 42  |  Page 43  |  Page 44  |  Page 45  |  Page 46  |  Page 47  |  Page 48  |  Page 49  |  Page 50  |  Page 51  |  Page 52  |  Page 53  |  Page 54  |  Page 55  |  Page 56  |  Page 57  |  Page 58  |  Page 59  |  Page 60  |  Page 61  |  Page 62  |  Page 63  |  Page 64  |  Page 65  |  Page 66  |  Page 67  |  Page 68  |  Page 69  |  Page 70  |  Page 71  |  Page 72  |  Page 73  |  Page 74  |  Page 75  |  Page 76  |  Page 77  |  Page 78  |  Page 79  |  Page 80  |  Page 81  |  Page 82  |  Page 83  |  Page 84  |  Page 85  |  Page 86  |  Page 87  |  Page 88  |  Page 89  |  Page 90  |  Page 91  |  Page 92  |  Page 93  |  Page 94  |  Page 95  |  Page 96  |  Page 97  |  Page 98  |  Page 99  |  Page 100  |  Page 101  |  Page 102  |  Page 103  |  Page 104  |  Page 105  |  Page 106  |  Page 107  |  Page 108  |  Page 109  |  Page 110  |  Page 111  |  Page 112  |  Page 113  |  Page 114  |  Page 115  |  Page 116  |  Page 117  |  Page 118  |  Page 119  |  Page 120  |  Page 121  |  Page 122  |  Page 123  |  Page 124  |  Page 125  |  Page 126  |  Page 127  |  Page 128  |  Page 129  |  Page 130  |  Page 131  |  Page 132  |  Page 133  |  Page 134  |  Page 135  |  Page 136  |  Page 137  |  Page 138  |  Page 139  |  Page 140  |  Page 141  |  Page 142  |  Page 143  |  Page 144  |  Page 145  |  Page 146  |  Page 147  |  Page 148  |  Page 149  |  Page 150  |  Page 151  |  Page 152  |  Page 153  |  Page 154  |  Page 155  |  Page 156  |  Page 157  |  Page 158  |  Page 159  |  Page 160  |  Page 161  |  Page 162  |  Page 163  |  Page 164  |  Page 165