This content requires Adobe Flash Player version
or later.
Either you do not have Adobe Flash Player installed,
or your version is too old,
or there is a problem with your Flash installation and we were unable to detect it.
Die statorwikkelings en die roterende statorveld Alhoewel die proses waarvolgens ’n roterende statorveld geskep word, baie meer kompleks is as wat dit hier klink, het ons dit so eenvoudig moontlik gemaak en van sketse gebruik gemaak om die basiese konsep oor te dra.
Die statorwikkelings is die drie draadspoele wat in spesiale gleuwe aan die binnekant van die raam geplaas word. Hulle beginpunte is 120° van mekaar. Onthou dat ’n spoel ’n paar keer om ’n kern gewikkel word. Om die verduideliking eenvoudiger te maak, word net een lus van elke fase aangedui. Dit toon waar die beginpunt aan die een kant ingaan, en die eindpunt aan die ander kant uitkom.
Ons sal by wyse van 30°-intervalle toon hoe die resulterende veld verskuif en ’n roterende statorveld tot gevolg het.
Fase 1 Fase 2 Fase 3
Let wel
Die generatorbeginsel beteken om van die regterhandreël gebruik te maak. Hou die spoel met die regterhand vas, met die duim wat in die rigting van die stroomvloei wys, en omsirkelende vingers wat in die rigting van die magnetiese veld rondom daardie geleier wys.