This content requires Adobe Flash Player version
or later.
Either you do not have Adobe Flash Player installed,
or your version is too old,
or there is a problem with your Flash installation and we were unable to detect it.
• F = A.B.C + A.B.C + A.B.C: hierdie uitdrukking bestaan uit drie EN-terme (A.B.C, A.B.C asook A.B.C) wat deur ’n OF-teken geskei word. Hierdie uitdrukking is egter nie in sy eenvoudigste vorm nie, en moet nog vereenvoudig word deur van Boole-algebra of Karnaugh-kaarte gebruik te maak. Die vereenvoudigde uitdrukking sal so lyk: F = B (A +C)
Figuur 6.18: F = A.B.C + A.B.C + A.B.C (nie vereenvoudig) F = B (A +C) (vereenvoudig)
Boole-uitdrukkings in Produk-van-Som (PVS)-notasie
Boole-uitdrukkings in die PVS-notering is eenvoudig ’n uitdrukking wat bestaan uit ’n aantal somterme (OF-terme) wat deur ’n produkteken (EN-teken) geskei word, bv. F = (A+B).(C+D).
PVS-uitdrukkings leen hulself tot implementering as ’n stel OF-hekke (somme) wat in ’n enkele EN-hek (produk) invoer. Die volgende voorbeelde is hoe ’n Boole- uitdrukking in die PVS-notering in ’n leerdiagram omgesit kan word.
• F = (A+B).C : hierdie uitdrukking bestaan uit een somterms (A+B) ge-EN met ’n enkele term C.
Figuur 6.19: F = (A+B). C
• F = (A+B).(C+D): hierdie uitdrukking bestaan uit twee somterme (A+B) asook (C+D) deur ’n EN-teken geskei.