This content requires Adobe Flash Player version
or later.
Either you do not have Adobe Flash Player installed,
or your version is too old,
or there is a problem with your Flash installation and we were unable to detect it.
In hierdie geval lei die toevoerstroom die toevoerspanning en is die arbeidsfaktor algeheel voorlopend.
Berekenings vir serie-RCL-stroombane
’n Aantal voorbeelde sal bespreek word om hierdie aspekte in serie-RCL- stroombane te kombineer. Hierdie voorbeelde sal gebruik word as hersiening om die manier waarop ’n mens oor RCL-stroombane dink, uit te brei. By voltooiing sal die oorgang na parallel-RCL-stroombane gemaak word.
Vraag 1 ’n Serie-RL-stroombaan bestaan uit ’n resistor van 470 Ω en ’n spoel van 47 mH wat aan ’n 0,6 V 2 kHz toevoer verbind is.
Figuur 5.9: ’n Serie-RL-kringdiagram
Bereken die volgende: a) Induktiewe reaktansie b) Impedansie c) Die stroom wat van die toevoer getrek word d) Die arbeidsfaktor e) Die spanningsval oor die spoel f) Wat sal met die stroom gebeur wat in die stroombaan vloei indien die frekwensie verhoog word?