This content requires Adobe Flash Player version
or later.
Either you do not have Adobe Flash Player installed,
or your version is too old,
or there is a problem with your Flash installation and we were unable to detect it.
Die tipes transformators verskil ten opsigte van die manier waarop die primêre en sekondêre spoele rondom die gelamineerde staalkern bedraad is. Volgens die ontwerp kan transformators in twee kategorieë geklassifiseer word:
1. Kern-tipe transformator In ’n kern-tipe transformator word die wikkelings op ’n groot deel van die kern aangebring. Dit beteken dat jy hope wikkelings sien en minder van die kern sien. Die spoele wat vir hierdie transformator gebruik word, is in ’n silindriese vorm gewikkel. Hierdie tipe transformator kan vir klein en groot transformators gebruik word. Die silindriese spoele sal verskillende lae hê, en elke laag sal met behulp van materiale soos lakvernis, papier, doek, om maar enkeles te noem van mekaar geïsoleer word. Die algemene rangskikking van die kern-tipe transformator ten opsigte van die kern word hieronder getoon.
3
(a)
(b)
Figuur 3.7: Basiese sketse van twee van die transformator-tipes. Die kern-tipe word in (a) en die mantel-tipe in (b) getoon
Enkelfase Kern-tipe Driefase
Mantel-tipe
Figuur 3.8: Die verskil tussen ’n mantel- en kerntransformator