This content requires Adobe Flash Player version
or later.
Either you do not have Adobe Flash Player installed,
or your version is too old,
or there is a problem with your Flash installation and we were unable to detect it.
Die nadeel van hierdie tweede formule is dat dit na ’n hoek omgereken moet word, en dan terug na cos θ toe verwerk word.
Voorbeeld 4 Die twee-wattmetermetode word gebruik om die drywing te bepaal wat aan ’n drie- fase-las gelewer word. Dit is nie bekend of die las gebalanseerd of ongebalanseerd is nie, of ster of delta is nie. Die lesing op wattmeter 1 word aangeteken as 215 W en die lesing of wattmeter 2 word aangeteken as 189 W. Dit word aan ’n 120 V lynspanning verbind. a) Maak dit saak of ons weet of die las gebalanseerd is of nie? b) Maak dit saak dat ons weet of dit ’n ster-of deltalas is? c) Bereken die totale drywing wat aan die las gelewer word. d) Bereken die arbeidsfaktor van die las. e) Bereken die lynspanning wat vanaf die bron getrek word.
Antwoord 4 a) Nee, dit maak nie saak nie. Die twee-wattmetermetode meet albei sonder dat dit die lesings affekteer.
b) Nee, dit maak nie saak nie. Die twee-wattmetermetode meet die ster sowel as die delta.