This content requires Adobe Flash Player version
or later.
Either you do not have Adobe Flash Player installed,
or your version is too old,
or there is a problem with your Flash installation and we were unable to detect it.
Hoofstuk 4 • Grafika as kommunikasiemiddel Stap 5: Teken nou die buitelyne van die isometriese kubus in donker lyne.
Isometriese tekeninge moet so gedoen word dat die vlakke wat die meeste besonderhede bevat, in die aansigte getoon word wat sigbaar sal wees.
Verwys na die afdeling oor stene in Hoofstuk 7 om na die isometriese tekeninge van dele van stene te kyk wat in die boubedryf gebruik word.
Voorbeeld 2: Stap 1: Begin jou isometriese tekening deur ’n vertikale lyn op die horisontale lyn te trek.
Stap 2: Teken twee lyne teen 30 grade op die horisontale lyn.
Stap 3: Meet die horisontale afmetings van die hoek/lynblok langs die twee asse, asook die hoogte van die vertikale lyn: 80 mm na links, 35 mm na regs, en ’n hoogte van 40 mm.