This content requires Adobe Flash Player version
or later.
Either you do not have Adobe Flash Player installed,
or your version is too old,
or there is a problem with your Flash installation and we were unable to detect it.
Hoofstuk 4 • Grafika as kommunikasiemiddel Konstruksie: Vakspesifiek
Tegnieke vir vryhandsketswerk Daar moet by die volgende basiese reëls gehou word: • Gebruik ’n goeie potlood vir vryhandsketswerk • Hou die potlood 35 mm van sy punt af vas • Roteer die potlood gedurende die tekenproses • Begin deur dowwe lyne te trek. Moenie probeer om die finale tekening uit die staanspoor te skep nie
• Maak gebruik van hartlyne om jou tekening mee te begin, en werk daaromheen
• Gebruik kort lyne, selfs al word ’n lang, deurlopende lyn vereis • Begin altyd met die groter objekte of deel van ’n tekening.
Vryhandsketse in konstruksie
Figuur 4.16: Vryhandsketse
Aktiwiteit 6 Kopieer bostaande sketse op papier om die onderskeie handbewegings te oefen.
Aktiwiteit 7
1. Teken die voor-, linker- en boaansigte van ’n baksteen met afmetings 220 mm × 110 mm × 75 mm op ’n skaal van 1:2 (vir tekendoeleindes word die afmetings van ’n baksteen altyd geneem as 220 × 110 × 75 mm). Gebruik die korrekte dimensienoteringstelsel om die afmetings van die baksteen aan te dui. Voorsien die tekeninge met die volgende byskrifte: • Volbaksteen • Name van aansigte • Skaal 1:2