This content requires Adobe Flash Player version
or later.
Either you do not have Adobe Flash Player installed,
or your version is too old,
or there is a problem with your Flash installation and we were unable to detect it.
Hierdie tekens word by die ingang van ’n bouperseel vertoon.
Hierdie tekens dui dinge aan wat in ’n sekere gebied verbode is.
Inligtingstekens om nooduitgange of ontruimingsprosedures aan te dui moet vertoon word in geval van ’n noodgeval soos ’n brand of ’n bomdreigement.
Radioaktiewe elemente Radioaktiewe materiaal bevat atome wat onstabiel is; met ander woorde, hulle het te veel energie. Wanneer radioaktiewe atome hulle ekstra energie vrystel, word gesê dat hulle verval. Alle radioaktiewe atome verval. Daar word na die energie en partikels wat gedurende hierdie proses vrygestel word, as straling verwys. Nadat die atome al hulle oortollige energie vrygestel het, word hulle stabiel, en is hulle nie meer radioaktief nie. Hoë dosisse straling kan skadelik en selfs noodlottig wees.