This content requires Adobe Flash Player version
or later.
Either you do not have Adobe Flash Player installed,
or your version is too old,
or there is a problem with your Flash installation and we were unable to detect it.
7. Teken ’n isometriese aansig van ’n enkelbaksteen-muur, nege lae hoog en in strykverband gebou op ’n skaal van 1 : 2. Dui ’n doodloopent aan en trumesselwerk aan die ander ent. Voorsien die tekening van die volgende byskrifte: • Doodloopent • Halfbaksteen • Steenagterwerk • Enkelbaksteenmuur, strykverband • Skaal 1 : 10
8. Teken die alternatiewe planlae van ’n muur wat in strykverband gebou is. Gebruik die vooraansig as jou riglyn om die tekening te doen.
Vooraansig
Aansig
’n Aansig is die aansig wat jy sien wanneer jy voor ’n spesifieke struktuur staan. Dit kan ’n meerverdieping- of enkelverdiepingwoonhuis wees. Die skaal van die aansig mag wissel. Die meeste munisipaliteite vereis ’n aansig van elke kant van die voorgenome ontwikkeling asook aanduidings van noord, suid, oos en wes. Indien die muur, byvoorbeeld aan die westekant van die huis gebou word, word daarna as die wesaansig verwys.